Soorte resepte:

Resep-video: Kondensmelk-melkkos

Kondensmelk-melkkos (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Daar is niks beter as ʼn smaaklike bak romerige melkkos op ʼn wintersdag nie. Hierdie is ʼn resep wat jy gerus as een van jou gunstelinge kan bêre. Daar is genoeg vir vier mense, maar as jy slim is hou jy sommer alles vir jouself!

Bestanddele

  • 1 koppie koekmeel
  • knippie sout
  • 125 ml botter
  • 1 liter melk
  • 1 blik kondensmelk
  • 2 koppies water
  • 5 ml vanieljegeursel

Metode

  1. Meng die koekmeel en sout.
  2. Vryf die botter in die koekmeel in, sodat dit soos krummels lyk.
  3. Meng die kondensmelk, vanieljegeursel, water en melk saam in ʼn kastrol op lae hitte.
  4. Gooi die meelmengsel by wanneer die melkmengsel warm word en begin borrel.
  5. Roer dit gereeld op matige hitte totdat alles saam kook en begin dik word en borrels maak.
  6. Bedien warm saam met ʼn lekker dik laag kaneelsuiker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Mrs H ·

Wat is die verskil in bestandele tussen melkkos en melktert?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.