Soorte resepte:

Resep-video: Ongebakte vrugtekoekblokkies

Ongebakte vrugtekoekblokkies. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Vrugtekoek is ʼn gunsteling oor die Kerstyd, maar soms is dit net te veel moeite om self te bak. Ons het met ʼn maklike resep vorendag gekom sodat jy in ʼn japtrap aan heerlike, ongebakte vrugtekoekblokkies kan smul.

Bestanddele

  • 1 blik kondensmelk
  • 110 g botter
  • 250 g witsjokolade
  • 2 t vanieljegeursel (jy kan die vanieljegeursel met brandewyn vervang)
  • 2 pakkies tennisbeskuitjies, in kleiner stukkies gebreek
  • 1 k kersies, groen en rooi in die helfte gesny
  • 2½ k vrugtekoekmengsel
  • ½ k gekapte neute
  • klapper om die blokkies in te rol

Metode

  1. Smelt die kondensmelk, botter en witsjokolade saam in die mikrogolf. Hou dit dop en roer dit gereeld totdat die witsjokolade gesmelt het.
  2. Gooi die vanieljegeursel by en meng alles weer baie goed. Dit is baie belangrik dat al die bestanddele goed gemeng is, anders gaan die blokkies nie styf word nie.
  3. Gooi nou die tennisbeskuitjies, kersies, vrugtekoekmengsel en neute by en meng alles weer baie goed.
  4. Gooi die mengsel in ʼn bak wat met kleefpapier uitgevoer is en laat dit oornag in die yskas afkoel.
  5. Sny dit in blokkies en druk dit in die klapper sodat die blokkies nie aanmekaar kleef nie.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ’n plaaskombuis te omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.