Soorte resepte:

Resep-video: Sjokoladesous

Sjokoladesous. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Met ʼn verruklike sjokoladesous kan jy enigiets in ʼn hemelse nagereg omskep. Die resep is so moeitevry dat dit vinnig een van jou gunstelinge sal word.

Bestanddele

  • 250 ml room
  • 1 blik kondensmelk
  • 4 (52 g) Bar-One-sjokoladestafies
  • 1 eetlepel mielieblom (opsioneel)

Metode

  1. Gooi die room, kondensmelk en sjokolade in ʼn glasbak en plaas dit in die mikrogolf.
  2. Kook dit op hoog vir sowat 10 minute terwyl jy dit gereeld roer.
  3. Sodra al die sjokoladestukkies gesmelt en ʼn gladde sous gevorm het, kan jy die mielieblom byvoeg indien jy die sous ʼn bietjie stywer wil hê. Meng dit alles weer goed.
  4. Laat die sous eers afkoel voordat jy dit voorsit.

Al die Maroela Media-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ’n plaaskombuis te omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.