Soorte resepte:

Resep-video: Vla-en-kondensmelktert

Vla-en-kondensmelktert. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Daar is min dinge wat so lekker is as ʼn heerlike stukkie yskastert bedien saam met  ʼn sterk koppie boeretroos.

Bestanddele

Kors

  • 1 (200 g) pakkie tennisbeskuitjies, fyngedruk
  • 50 ml botter of margarien, gesmelt
  • 3 e kondensmelk

*Wenk: Jy kan sommer die kondensmelk van die kors uit die blik van die bolaag skep

Vlavulsel

  • 500 ml volroommelk
  • 15 ml botter of margarien
  • ¼ k vlapoeier
  • 3 e suiker
  • knippie sout

Bolaag

  • 1 (397 g) blik kondensmelk
  • 100 ml suurlemoensap

Metode

  1. Meng alles vir die kors bymekaar en druk dit in ʼn tertbak van 30 cm x 20 cm vas.
  2. Verhit die melk en die botter vir die vlavulsel saam tot kookpunt in die mikrogolf.
  3. Meng die vlapoeier, suiker en sout by die warm melk en meng alles goed sodat daar geen klonte gevorm word nie.
  4. Plaas dit vir nog 5 minute in die mikrogolf tot dit verdik en gaar is, roer dit gereeld.
  5. Giet dit oor die kors en laat dit afkoel.
  6. Klits die kondensmelk en suurlemoensap saam en gooi oor die afgekoelde tert.
  7. Plaas dit in die yskas om af te koel.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ’n plaaskombuis te omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Wondermaarnet ·

Klink en lyk heerlik. Ek gaan dit defnitief maak die naweek.

Laurika ·

Julle noem ek kan 3 eetlepels kondensmelk uit die blik gebruik vir die kors, maar daai 3 eetlepels is wat ek gewoonlik eers proe om seker te maak die kondensmelk is nog reg…. :o)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.