Soorte resepte:

Suurlemoen-en-piesang-yskastert

Suurlemoen-en-piesang-yskastert. (Foto: Lapa Uitgewers)

ʼn Lekker bederftert vir jou vakansie wat binnekort afskop.

Lewer 8–10 porsies

Bestanddele

  • 397 g (1 blik) kondensmelk
  • 180 ml suurlemoensap
  • 6-8 piesangs
  • 200 g (1 pakkie) tennisbeskuitjies
  • room (genoeg vir versiering van tert)

Metode

  1. Klits die kondensmelk saam met die suurlemoensap tot dik.
  2. Sny die piesangs in skyfies en roer dit by die kondensmelkmengsel. Pak die tennisbeskuitjies onderin ʼn tertbak.
  3. Skep die piesangmengsel bo-op die beskuitjies en versprei dit egalig. Plaas dit oornag in die yskas. Klop die room en versier die tert daarmee.

Variasie

Smeer elke tennisbeskuitjie met karamelkondensmelk voordat die piesangmengsel bo-oor geskep word – ʼn heerlike variasie!

Bron: Yskasterte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Phillip ·

Vir my lyk dit eerder soos n papery as n ys katstert . Vir my moet dit n stywe ferm blokkie wees in n piering of hoe

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.