Soorte resepte:

‘Suidooster’ se Denise Newman kry eg Engelse gereg

Martelize Brink gesels met sepiester Denise Newman oor haar Britse en Khoikhoi- herkoms. Hulle kuier in die kombuis en langs die vuur, en maak lamsboud en syllabub.

Syllabub is ʼn tradisionele Engelse nagereg, wat baie eenvoudig en lig is.

Martelize Brink se syllabub-resep. (Foto: Verskaf)

Bestanddele

Genoeg vir 2-4 mense

  • 250 ml room
  • 50 g suiker
  • 1 suurlemoen se sap en skil, fyngerasper
  • 100 ml muskadel

Metode

  1. Klits die room en suiker saam tot die room punte vorm.
  2. Vou die suurlemoensap, suurlemoenskil en muskadel by die room-en-suikermengsel in.
  3. Skep in glase en bedien met pralien of ’n Florentynse koekie.

Het jy geweet?

Die oudste optekening van ’n Newman in Suid-Afrika is in 1811 in Stellenbosch gedoen. Die van kom van die ou-Engelse “Neowe Man”, wat verwys het na ’n nuweling tot ’n gebied en dieselfde het in Duitsland plaasgevind met “Niuwe Man”.

  • Martelize se stamtafel is Woensdag om 17:00 op VIA, DStv-kanaal 147, te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.