In ’n splinternuwe nuwe televisiereeks, Elvis B(l)ou, omskep die sanger en liedjieskrywer Elvis Blue en sy vrou, Chireze, ’n 32-sitplekbus in ’n huis op wiele.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Via"
Onthoukos vir bekendes in ‘Terugkeer’
“Ek het nou vir die eerste keer besef watter rol kos speel om ʼn mens geborge te laat voel.”
Luister: Mila Guy nou ook aanbieder
“Ek het op elke troue gehuil en ek wou op elke troue dans. Daar was lekker kos en oulike mense. Dit was lieflik.”
Portugese melktert vir Jo da Silva
Die sepiester Jo da Silva kuier saam met Martelize Brink in haar kombuis. Hulle gesels oor Jo se Portugese herkoms en Martelize maak bifana en pastéis de nata (Portugese melktert).
Waterblommetjiepot vir ‘Arendsvlei’ se Sherman Pharo
Hier is Martelize se resep vir ’n heerlike waterblommetjiepot. Meer Afrikaans kan ’n mens nie kry nie.
‘Suidooster’ se Denise Newman kry eg Engelse gereg
Syllabub is ʼn tradisionele Engelse nagereg, wat baie eenvoudig en lig is.
ʼn Skotse gereg vir Neil Sandilands
Neil Sandilands kuier saam met Martelize Brink in haar kombuis. Hulle gesels oor Neil se Skotse herkoms en Martelize maak Skotse pastei en haggis.
Bekroonde teaterdramas binnekort op die kassie
“Met hierdie speelvak op televisie word ʼn besonderse geleentheid aan teaterliefhebbers gebied om veelbekroonde teaterstukke in die gemak van hulle eie huise te geniet.”
Maak Martelize se bitterballen só
Sandra Prinsloo kuier saam Martelize Brink in haar kombuis. Hulle gesels oor Sandra se Nederlandse herkoms en Martelize maak bitterballen.
Martelize Brink se Duitse eenpotgereg
Martelize gesels met die teaterveteraan Antoinette Kellerman oor haar Duitse herkoms en sit vir haar eintopf voor.
Indonesiese roerbraairys vir Rehane Abrahams
In dié week se episode van ‘Martelize se stamtafel’ kuier die sepiester Rehane Abrahams saam met Martelize Brink. Hulle gesels oor Rehane se Indonesiese herkoms en Martelize sit nasi goreng (roerbraairys van Indonesië) voor.
Martelize Brink dis spekulaas op vir Ivan, Donnalee
Ivan Botha en Donnalee Roberts kuier dié week saam in ‘Martelize se stamtafel’. Hulle gesels oor hul Duitse en Nederlandse herkomste, kuier en kook saam Sauerbraten en gevulde spekulaas.
Martelize Brink se tradisionele mosselpot
Martelize Brink gesels met die aktrise Jill Levenberg oor haar Belgiese en Nama-herkoms. Hulle kuier in die kombuis en maak mosselpot, roosterkoek en sjokolademousse.
Tradisioneel Engelse gereg vir Vicky Davis
Het jy geweet die van “Davis” is ʼn Bybelse naam wat “die seun van David” beteken? Martelize Brink gesels in dié episode met sepiester Vicky Davis oor haar Engelse herkoms.
Duitse disse vir Deon Lotz
Martelize Brink gesels met die akteur Deon Lotz oor sy Duitse herkoms en sit vir hom eisbein en spätzle voor.
Crème brûlée, croque monsieur vir Melanie du Bois
Martelize Brink gesels met die sepiester Melanie du Bois oor haar Franse herkoms. Hulle kuier in die kombuis en langs die vuur, en maak crème brûlée en croque monsieur.
Watwou ʼn trouvrou uit Moskou?
In VIA se nuwe werklikheidsreeks, “Ram vir ʼn Rus”, gaan vier Suid-Afrikaanse mans liefde in Rusland soek.
Heléne Lombard: Van superfeeks na supersjef
“My kombuis is die hart van my huis. As mense by my kom kuier, sit ons nie in die sitkamer nie, ons sit in die kombuis.”
‘Kitskoskonings’ wil nou die vetjies afskud
“Die konings van kitskos, Alvin Bruinders en Gerhard Steyn, skuif ʼn slag die burgers en tjips opsy om ʼn gesonder eet-en-oefenplan aan te pak.”
Huiskokke op pad na Frankryk na hulle topsjefs beïndruk
“Die gevoel van samesyn is waaroor dit als gaan. Die genot om mense se reaksies en tevredenheid aan die tafel te aanskou maak die was van die skottelgoed die moeite werd.”