Soorte resepte:

Annelien se kombuis: Patatsop

Patatsop (Foto: Annelien Pienaar)

’n Geurige sop, perfek vir die winterkoue, wat binne 30 minute op die tafel gereed staan – net reg vir honger harte! Geure van lemoen, gemmer, klapper en soet patat hang in die lug. Saam met ’n snytjie vars brood is dit ’n wenkombinasie.

Annelien Pienaar is ’n voedselwetenskaplike en skrywer van die bekende resepteboek en blog Boerekos met ’n twist.

Lewer 6-8 porsies

Bestanddele

  • 1 groot ui in blokkies gesny
  • 50 ml olyfolie
  • 2 k aftreksel van keuse
  • 1 kg patat, geskil
  • 1 k klapperroom
  • ¼ t gemmer, fyn
  • ¼ t kaneel
  • 2 knippies borrie
  • 1 repie sitrusskil (byvoorbeeld lemoen)
  • sout en peper na smaak

Metode

Drukkoker: 

  1. Roerbraai die ui in olyfolie vir vyf minute en voeg dan die aftreksel by. Voeg die patat by en drukkook vir 30 minute.
  2. Voeg die klapperroom, gemmer, kaneel en borrie by die patat en puree tot baie glad. Voeg die sitrusskil by en laat vir tien minute met deksel staan sodat die skil se olies in die sop vrygestel word. Verwyder voor bediening.
  3. As garnering het ek gesoute pistasieneute gebruik en dit is heerlik saam met die natuurlike soetheid van die sop.

Prutpot: 

  1. Plaas al die bestanddele behalwe die klapperroom en sitrusskil in die pot en kook vir vier uur op hoog.
  2. Roer die klapperroom by en maak puree. Voeg die sitrusskil by en week vir tien minute voordat die sop voorgesit word. Verwyder die skil en dien op.

Besoek Annelien Pienaar se webwerf en Facebook-blad. Vul jou besonderhede hier in om die resep in PDF-formaat te ontvang.

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.