Soorte resepte:

Resep: Beet-en-okkerneutslaai

Beet-en-okkerneutslaai. (Foto: verskaf)

Verruil jou toebroodjie vir dié heerlike slaai.

Bedien: 6-8 porsies

Porsiegrootte: 120 g

Bestanddele

  • 450 g (5 mediumgrootte) gaar beet, in blokkies gesny (gekoopte gaar beet kan ook goed werk)
  • 100 g Deense fetakaas
  • 80 g (3 hande vol) vars roketblare
  • 54 g (3 eetlepels) okkerneute, gekap (pekanneute is ʼn goeie alternatief)

Suurlemoen-vinaigrette

  • 125 ml (½ koppie) olyfolie·
  • 50 ml suurlemoensap·
  • skil van een suurlemoen, gerasper
  • 130 ml (2 opgehoopte eetlepels) heuning
  • 12 g (1 teelepel) Dijon-mosterd (opsioneel)
  • sout en peper na smaak

Metode

  1. In ʼn klein beker of houer, klits al die bestanddele vir die vinaigrette saam.
  2. Plaas die roketblare in ʼn slaaibak of rangskik op ʼn opdienbord. Gooi bietjie van die vinaigrette oor en voeg die blokkies beet en fetakaas by.
  3. Gooi nog vinaigrette oor voordat die gekapte okkerneute oor die slaai gesprinkel word.
  4. As daar nog slaaisous oor is, hou dit in ʼn lugdigte houer in the yskas en verkoel tot ʼn maksimum van 4 dae.

Bron: Rediscover Dairy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.