12 groot porsies
1 x 410 g-blik gekapte tamaties
1 x 410 g-blik tamatie-en-uiesmoor
1 x 410 g-blik heel pitmielies, gedreineer
1 x 420 g-blik geroomde suikermielies (opsioneel)
1 x 400 g-blik keker-ertjies, gedreineer
1 x 400 g-blik gemengde bone, gedreineer
15 ml (1 e) gedroogde origanum
10 ml (2 t) gedroogde gemengde kruie
1 liter (4 k) hoenderaftreksel
‘n paar druppels Worcestersous
15 ml (1 e) gedroogde of vars pietersielie
1 x 400 g-blik klappermelk of 250 ml (1 k) langlewe- of vars room.
Metode:
1. Meng al die bestanddele, behalwe die klappermelk of room, in ‘n groot kastrol en verhit dit oor lae hitte tot kookpunt.
2. Verlaag die hitte en prut stadig vir 2 minute. Roer gereeld.
3. Voeg die klappermelk of room by en voeg ‘n bietjie water by indien sop te dik is.
Geur na smaak en sit dit warm voor.
Oorspronklik gepubliseer in Spogresepte
Uitgewer: Lapa
Prys: R225,00*
* Prys onderhewig aan verandering