Soorte resepte:

Resep: Beesstert-potjie

Beesstert-potjie (Foto: Lapa-uitgewers)

Onthou van hierdie resep as jy lekker kamp hierdie Desember-vakansie.

Lewer 6 porsies

Bestanddele

  • 100 ml olie
  • 2 beessterte, in litte gekap
  • 63 g (1 pakkie) beesstertsoppoeier
  • 250 ml beesvleisaftreksel
  • 100 ml rooiwyn
  • 15 baba-aartappels, gewas
  • 15 babawortels, skoongeskraap
  • 410 g (1 blik) botterbone
  • 250 g bevrore ertjies
  • 250 g sampioene, in skyfies gesny
  • 8 murgpampoentjies, in ringe gesny
  • 2 uie, in ringe gesny

Metode

  1. Verhit die olie in ʼn driepootpot of ʼn swaarboomkastrol en verbruin die beessterte daarin.
  2. Voeg die gekapte uie by en soteer dit vir 2-3 minute.
  3. Meng die soppoeier, aftreksel en wyn en voeg dit by die vleis in die pot. Plaas die deksel op en laat dit sowat 2 uur oor stadige kole of matige hitte prut totdat die vleis sag is.
  4. Rangskik die groente in lae bo-op die vleis. Moet dit nie roer nie.
  5. Maak die pot dig toe en laat dit nog sowat 30 minute lank prut tot die groente gaar en sag is.

Bron: Lekker & Vinnig: Potjiekos

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

piet-van-die-namib ·

Lyk baie lekker en ek is ook lief om beesstert te maak. Hy is beslis nie so vinnig om gaar en sag te kook nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.