Soorte resepte:

Resep: Bros hoenderboudjies met aartappels

Foto ter illustrasie. (Foto: Pixabay)

Hierdie hoendergereg sal vir ʼn verruklike bord kookkos sorg.

Lewer 4 porsies.

Bestanddele

  • 125 ml broodkrummels
  • 250 ml graanvlokkies, fyngedruk
  • 5 ml gerookte paprika
  • 60 ml fyngekapte, vars pietersielie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • olyfolie
  • 3-4 aartappels, geskil en in wiggies gesny
  • 8 hoenderboudjies

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en voer twee bakplate met bakpapier uit.
  2. Meng die broodkrummels, fyngedrukte graanvlokkies, paprika en pietersielie in ʼn mengbak. Geur na smaak. Verdeel die mengsel tussen twee herseëlbare plastieksakkies.
  3. Verf die olyfolie oor die aartappelwiggies en hoenderboudjies. Plaas die hoender en aartappels in die sakkies en skud sodat alles goed bedek is met die krummelmengsel.
  4. Rangskik die hoender en aartappels op die voorbereide bakplate, drup weer ʼn klein bietjie olie oor en bak vir 50-60 minute tot die hoender en aartappelwiggies gaar is. Bedien met skyfies suurlemoen en mayonnaise.

Bron: 50 Hoendergeregte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.