Soorte resepte:

Resep: Eenbakmaalvleisgereg

Eenbakmaalvleisgereg (Foto: Lapa Uitgewers)

Slaan hierdie eenbakgereg sommer vinnig-vinnig saam vir aandete.

Lewer 4 tot 6 porsies

Bestanddele

Maalvleismengsel

  • olie
  • 1 ui, gekap
  • 5 ml (1 t) gekapte vars knoffel
  • 700 g beesmaalvleis
  • 30 ml (2 e) worcestersous
  • 2 ml sout
  • swartpeper na smaak
  • 15 ml (1 e) gekapte vars pietersielie
  • 250 ml (1 k) bevrore gemengde groente
  • 45 g (1 pakkie) beesvleis-en-groente-soppoeier
  • 375 ml (11/2 k) kookwater

Skonbolaag

  • 500 ml (2 k) bruismeel
  • 5 ml (1 t) mosterdpoeier
  • 1 ml sout
  • swartpeper na smaak
  • 45 ml (3 e) botter
  • 30 ml (2 e) gekapte vars pietersielie
  • 410 g (1 blik) geroomde suikermielies
  • 1 ekstragroot eier
  • melk

Metode

  1. Stel die oond op 200 °C. Smeer ʼn diep oondbak van ongeveer 22 cm x 18 cm.
  2. Verhit ʼn bietjie olie en soteer die ui en knoffel tot sag.
  3. Voeg die maalvleis by en braai tot dit nie meer pienk is nie.
  4. Roer die worcestersous, sout, peper, pietersielie en gemengde groente by.
  5. Meng die soppoeier en kookwater en roer tot dit opgelos is. Voeg dit by die maalvleismengsel en laat dit 5 minute lank oor matige hitte prut tot dik. Skep die maalvleis in die oondbak.
  6. Sif die bruismeel, mosterdpoeier, sout en peper saam. Vryf die botter in totdat dit soos broodkrummels lyk. Roer die pietersielie en suikermielies by en meng dit tot sagte deeg.
  7. Druk die deeg liggies op ʼn meelbestrooide oppervlak plat totdat dit so groot is soos die oondbak wat gebruik word. Plaas die deeg bo-op die maalvleis.
  8. Klits die eier saam met ʼn bietjie melk en verf dit oor die deeg.
  9. Bak dit 35 minute lank of tot liggoudbruin bo-op. Maak seker dat die skondeeg gaar is. As die bokant te donker bak, kan foelie bo-op die gereg geplaas word wanneer driekwart van die baktyd verstreke is.
  10. Sit dit warm saam met slaai voor.

 

Bron: Beste uit Vrouekeur

Uitgewer: Lapa

Maroela Media spog nou met ons eie resepteboek, Huis-huis. Koop dit hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.