Soorte resepte:

Resep: Hoender-en-rooiwynstowegereg met kluitjies

Hoender-en-rooiwynstowegereg met kluitjies. (Foto: Lapa Uitgewers)

Jy sal nie spyt wees wanneer jy dié hoendergereg vir jou gesin voorberei nie.

Lewer 6 porsies

Bestanddele

  • 6 ontbeende hoenderborsies
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 60 ml koekmeel
  • 45 ml kanola-olie
  • 3 uie, in wiggies gesny
  • 1 x 200 g-pakkie spekvleis, in blokkies gesny
  • 3 knoffelhuisies, in skyfies gesny
  • 300 g sampioene, in kwarte gesny
  • 2 lourierblare
  • 30 ml appelkooskonfyt
  • 15 ml fyngerasperde lemoenskil
  • 300 ml rooiwyn
  • 300 ml hoenderaftreksel

Kluitjies

  • 215 ml bruismeel
  • 400 ml vars broodkrummels
  • 15 ml heelkorrel mosterd
  • 140 g botter, in blokkies gesny
  • 10 vars tiemieblaartjies
  • 30 ml gekapte vars pietersielie
  • 2 eiers, liggies geklits

Metode

  1. Geur die hoenderborsies met sout en peper. Strooi 45 ml van die koekmeel oor die hoenderborsies sodat dit goed bedek is.
  2. Verhit die olie in ʼn swaarboomkastrol en braai die hoender in sarsies tot dit begin verbruin. Skep die hoenderborsies in die bak van die prutpot.
  3. Meng die orige meel, uie, spek, knoffel, sampioene, lourierblare, konfyt, lemoenskil, rooiwyn en aftreksel saam en skep dit oor die hoender. Geur na smaak met sout en peper. Plaas die deksel op die prutpot en stel op hoog vir 4 uur.

Kluitjies

  1. Meng die bruismeel, broodkrummels, mosterd en botter in ʼn voedselverwerker tot dit soos fyn broodkrummels lyk.
  2. Voeg die tiemie, pietersielie, eiers, sout en peper by. Pols die mengsel tot dit ʼn nat deeg vorm. Bedek jou hande met meel en rol 6 tot 8 ewe groot deegballe.
  3. Verwyder die deksel van die prutpot na 4 uur en rangskik die deegballe op die bredie. Plaas die deksel terug en laat dit vir nog 1 tot 2 uur kook totdat die kluitjies opgepof het.

Bron: 50 Prutpot geregte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Marilize ·

Dit lyk so lekker. Net jammer ons krag is net 4 ure op ‘n slag aan….:(

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.