Soorte resepte:

Resep: Hoenderbobotie

Hoenderbobotie. (Foto: Lapa Uitgewers)

ʼn Smaaklike gereg om die hele gesin gelukkig te hou.

Lewer 4-6 porsies.

Bestanddele

  • 15 ml kanola-olie
  • 2 uie, fyngekap
  • 15-20 ml masala
  • 5-10 ml borrie
  • 5 ml fyn komyn
  • 5 ml fyn gemmer
  • 1 hoender, gekook en ontbeen
  • 50 ml sultanas
  • sout en varsgemaalde swartpeper (na smaak)
  • 80 ml mayonnaise
  • 20 ml appelkooskonfyt
  • 10 ml suurlemoensap
  • 1 pakkie hoenderroomsoppoeier
  • 3 ml gemengde kruie
  • 330 ml melk
  • 2 eiers

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ʼn oondvaste bak.
  2. Verhit die olie in ʼn swaarboomkastrol en braai die uie tot sag.
  3. Voeg die masala, borrie, komyn en gemmer by die uie en braai liggies vir 1-2 minute.
  4. Voeg die hoender en sultanas by die uie en roer deur. Skep die hoendermengsel in die voorbereide oondbak. Geur dit met sout en peper.
  5. Meng die mayonnaise, konfyt, suurlemoensap, soppoeier, gemengde kruie en 250 ml van die melk saam en giet dit oor die hoendermengsel. Meng dit deur met ʼn vurk.
  6. Klits die eiers en oorblywende melk saam en giet dit oor die hoendermengsel.
  7. Bak vir 40-45 minute en bedien saam met geelrys.

Bron: 50 Hoendergeregte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Karoo ·

Hmmm…. nog nooit hiervan gehoor nie, sal dalk hoender maalvleis probeer ipv ‘n heel hoender, anders voel dit dalk soos’ n korsloose pasty? Dames…. wat se julle?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.