Dié pastagereg is ideaal vir ʼn weeksaand.
Lewer 4 porsies
Bestanddele
PASTA
- 500 g skulpiepasta
- 10 ml (2 t) olie
- 5 ml (1 t) sout
HOENDERBOLOGNESE
- bietjie olie
- 1 ui, gekap
- 5 ml (1 t) vars gekapte knoffel
- 2 selderystingels, fyn gekap
- 2,5 ml (½ t) droë gemengde kruie
- 1 ml droë pietersielie
- 600 g hoendermaalvleis
- 1 ml sout
- swartpeper na smaak
- knypie rooipeper
- 410 g (1 blik) gekapte tamaties
- 30 ml (2 e) blatjang
- 250 ml (1 k) gerasperde Cheddarkaas
Metode
- Verhit die water tot kookpunt en roer die olie en sout daarby. Voeg die pasta by en kook vir ongeveer 12 minute tot al dente.
- Dreineer die pasta en roer ekstra olie deur sodat die pasta nie aanmekaar kleef nie.
- Verhit die olie en soteer die ui en knoffel tot deurskynend.
- Voeg die seldery, kruie en pietersielie by en soteer vir nog vier minute.
- Voeg die maalvleis, sout en rooipeper by en braai tot die maalvleis gaar is. Roer dit gereeld sodat die maalvleis fyn is wanneer dit heeltemal gaar is.
- Roer die tamaties en blatjang deur en laat dit vir 12 minute oor matige hitte prut of tot die sous effens ingedamp het.
- Skep die pasta in ʼn oondbak van ongeveer 25 cm x 35 cm. Skep die hoenderbolognese bo-op.
- Strooi die kaas oor en plaas die bak onder die roosterelement vir ses minute of tot kaas gesmelt is.
- Sit dadelik voor.
Bron: Beste uit Vrouekeur: 50 Gesinsresepte no.3
Uitgewer: Lapa
Wat sal die kilojules per porsie wees?
Saam met n slaai en coke zero is dit gebalanseerd.
SwartBees. Net so! Lekker lag ek nou!! :)