Soorte resepte:

Resep: Kaaps-Maleise kerriehoender

Kaaps-Maleise kerriehoender. (Foto: Lapa Uitgewers)

Hierdie resep sal ieder en elke kuiergas se hart warm laat klop.

Lewer 6 porsies.

Bestanddele

  • 7,5 ml (1½ t) koljandersaad
  • 10 ml (2 t) fyn vinkel
  • 7,5 ml (1½ t) fyn komyn
  • 10 ml (2 t) brandrissievlokkies
  • 5 ml (1 t) borrie
  • knippie fyn swartpeper
  • 12 heel kardemomsade
  • 2,5 ml fyn kaneel
  • 15 ml (1 e) garam masala
  • 15 ml (1 e) gerasperde vars gemmer
  • CLOVER Mooi River-botter
  • 1 ui, gekap
  • 410 g (1 blik) gekapte tamaties
  • 700 g hoenderborsies
  • 10 ml (2 t) gekapte knoffel
  • 10 ml (2 t) bruinsuiker
  • 15 ml (1 e) suurlemoensap
  • 10 ml (2 t) sout

Metode

  1. Plaas die koljandersaad, vinkel, komyn, brandrissievlokkies, borrie, swartpeper, kardemomsade, kaneel, garam masala en gemmer in ʼn vysel en stamp alles saam fyn. Dit kan ook in ʼn koffiemeul verwerk word.
  2. Smelt genoeg botter in ʼn kastrol en braai die ui tot sag. Gooi die speserye by en braai nog 2 minute. Voeg nog botter by indien nodig.
  3. Giet die tamaties by en laat prut dit 3 minute lank.
  4. Plaas die hoenderporsies in die tamatiemengsel.
  5. Plaas die deksel bo-op, verlaag die temperatuur en laat prut dit 20 minute lank.
  6. Gooi die knoffel, suiker, suurlemoensap en sout bo-oor.
  7. Plaas weer die deksel op en laat dit nog 20 minute oor lae hitte prut.
  8. Roer die gereg deur sodat alles goed kan meng en geur met nog sout en peper indien verkies.
  9. Sit dit warm saam met rys voor.

Bron: Gunsteling Suid-Afrikaanse kos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nommer 7 ·

Om hierdie resep te maak, moet jou kombuis binne PnP se speserye gang wees. Anders gebruik net ‘n “Curry Paste”, of een van vele kerrie ” Cook in Sauces”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.