Soorte resepte:

Resep: Lamskenkels (bruin of in tamatie)

Lamskenkels (Foto: Lapa Uitgewers)

Jy hoef nie ʼn sjef te wees om dié lamskenkelresep te bemeester nie.

Lewer 4 tot 6 porsies

Bestanddele

  • 15-20 ml kookolie
  • 4-6 lamskenkels, gegeur met knoffelsout
  • 3 uie, in skywe gesny
  • ʼn takkie vars roosmaryn
  • 2 ml gedroogde tiemie
  • 250 ml rooibostee
  • sout en peper na smaak

Metode

  1. Verhit die olie in ʼn swaarboomkastrol en braai die skenkels tot bruin.
  2. Voeg die uie, roosmaryn, tiemie en rooibostee by en laat dit prut tot die vleis sag is en ʼn bruinerige sous gevorm het.
  3. Geur na smaak met sout en peper. Dien dadelik op.
  4. VIR TAMATIESKENKELS:
  5. Voeg 4-6 gekapte vars tamaties of 1 x 410 g-blikkie ingemaakte tamaties saam met die suiker, sout en peper by die vleis en prut tot sag. Dien op saam met rys.

WENK: Om gereg te vermeerder kan verskillende groente bygevoeg word en dan met rys bedien word.

Bron: Marilyn kuier en kook
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Belinda ·

lyk verskriklik lekker, net n jammerte mens kan dit nie maak nie want lams-vleis is gans te duur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.