Soorte resepte:

Resep: Meksikaanse worsies

Meksikaanse worsies (Foto: Lapa-uitgewer)

Worsies in tamatiesmoor oor lekker rys voel behoorlik soos huis!

Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • bietjie olie
  • 500 g (8) beesworsies
  • 2 uie, gekap
  • 2,5 ml (½ t) pietersielie
  • 1 ml paprika
  • knypie rooipeper
  • 1 groot soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
  • 1 rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
  • 410 g (1 blik) gekapte tamaties
  • 30 ml (2 e) blatjang
  • 10 ml (2 t) bruinsuiker
  • 1 ml sout
  • knypie swartpeper

Metode

  1. Verhit die olie en braai die worsies ʼn paar op ʼn slag daarin tot gaar. Skep uit en hou eenkant.
  2. Gebruik dieselfde olie en braai die uie en pietersielie tot die uie sag is.
  3. Voeg die paprika, rooipeper en soetrissies by en soteer vir nog 4 minute.
  4. Voeg die tamaties, blatjang, suiker, sout en swartpeper by en laat vir 12 minute oor matige hitte kook tot die sous ʼn bietjie verdik het.
  5. Skep die gebraaide worsies terug in die sous en laat dit vir nog 5 minute prut tot deurwarm.
  6. Skep warm op koeskoes of rys en sit voor.

Bron: Beste uit Vrouekeur deur Marlo Kitshoff-Carstens

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Wanda ·

Gebruik n blik Mexican tamaties in plaas van gewone tamaties, baie lekker

Eend Bessinger ·

‘n Bietjie te warm vir my! Ek sal die spesery-krane eerder amper heeltemal toedraai.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.