Soorte resepte:

Resep: Mosselpot

Mosselpot. (Foto: Lapa Uitgewers)

Verbeel jou jy is by die see besig om dié mosselpot te maak.

Bestanddele

  • 600 g mossels
  • 2 e botter
  • 1 rooi ui, fyngekap
  • 3 knoffelhuisies, gekneus
  • 2 k droë witwyn
  • ʼn handvol gekapte pietersielie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode

  1. Probeer altyd jou bes om vars mossels in die hande te kry. Skrop die mossels goed en verwyder die baard.
  2. Verhit die botter in ʼn kastrol en soteer die ui en knoffel tot die ui deurskynend is. Voeg die wyn by en direk daarna die mossels.
  3. Draai die mossels ná twee minute in die pot om sodat alles met die uie, knoffel, botter en wyn bedek word. Voeg die pietersielie by.
  4. Sodra die mossels oopgaan, is hulle gaar – gooi enige mossels weg wat nie oopgegaan het nie. Sit dadelik voor.

Bron: Sjef Snoekie laat die potte sing
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Lydia ·

Ek maak myne in ‘n witsous met al die bestandele bo. Ongelooflik lekker.

Karoo ·

Hmmmm…. my Galjoen sal baie van die “ass” hou. Maar op ‘n erenstige noot, al sal ek dit nie self eet nie, dit ruik verskriklik lekker as mens dit maak met knoffel, room en’ n goeie droe wit wyn.

Karoo ·

ohhhhh gonna julle, daai woord is AAS… en nie die engelse woord soks daarbo nie hoor!!!! Kan dit nie meer verander.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.