Soorte resepte:

Resep: Pangebraaide hoenderfilette

Pangebraaide hoenderfilette. (Foto: Lapa Uitgewers)

Hierdie resep kan in ʼn japtrap gemaak word en is ideaal vir werkende ouers met min tyd op hul hande.

Lewer 4-6 porsies.

Bestanddele

  • 1 e olyfolie
  • 1 groot rooi ui, in blokkies gesny
  • sowat 600 g hoenderborsies
  • 1-2 e rou heuning
  • 1 e uievlokkies (opgehoop)
  • 1 t mosterdsaadjies
  • 1 e mosterdpoeier (opgehoop)
  • 1 t uiepoeier
  • 1 t gedroogde roosmaryn
  • 1 ½ t woestyn- of pienk sout
  • ¼ t growwe swartpeper

Garnering

  • Vars tiemie

Metode

  1. Verhit die olie in ʼn middelslagpan en braai die ui tot goudbruin. Krap die ui na die kante van die pan.
  2. Maak die hoender sag deur dit liggies met die kant van ʼn piering te kap. Plaas die hoender in die pan en braai tot albei kante wit is.
  3. Bedruip die hoender met heuning en sprinkel die helfte van die geurmiddels oor. Draai die hoender om en herhaal die proses.
  4. Braai die hoender tot dit goudbruin is en die uie gekaramelliseer het in die heuning. Garneer met tiemie. Sit voor saam met rys, soetpatat, botterskorsie of ʼn bykos van jou keuse.

Bron: Karlien kan nie kook nie
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.