Soorte resepte:

Resep: Sappige varkblad

Sappige varkblad. (Foto: Lapa Uitgewers)

Hierdie stuk varkvleis sal jou mond omtrent laat water.

Lewer 4 porsies.

Bestanddele

  • 1,2 kg ontbeende varkblad
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 30 ml kanola-olie
  • 1 groot uit, fyngekap
  • 3 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 selderystingel, fyngekap
  • 5 ml vinkelsaadjies
  • 150 ml rooiwyn
  • 2 blikke (2 x 410 g) gekapte tamaties

Metode

  1. Geur die varkblad met sout en peper, na smaak.
  2. Verhit die olie in ʼn swaarboompan en braai die varkblad tot bruin aan alle kante. Skep die vleis in die prutpot se bak.
  3. Braai die ui, knoffel, seldery en vinkelsaadjies in dieselfde pan tot die ui sag is.
  4. Voeg die wyn by die uiemengsel en laat dit liggies prut tot die sous met die helfte afgekook het. Gebruik ʼn houtlepel om die pan skoon te skraap terwyl die sous prut.
  5. Voeg die sous en die tamaties by die varkvleis in die prutpot. Bedek die prutpot en stel op laag vir 8 uur of hoog vir 4 uur.
  6. Skep die varkblad op ʼn houtbord uit en sny dit rofweg in happiegrootte stukkies. Skep enige vet van die sous af en skep die vleis terug in die sous. Laat dit vir nog 15 minute prut en bedien saam met witrys of koeskoes.

Bron: 50 Prutpotgeregte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Karoo ·

Kyk hoe water my mond… min bestandele en goeie vleis. Ek gaan hom probeer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.