Soorte resepte:

Resep: Soet-suur hoender

Soet-suur hoender. (Foto: Lapa Uitgewers)

Daar is darem niks so lekker soos ʼn bord kookkos nie.

Lewer 6 porsies

Bestanddele

  • 10 ml fyn komyn
  • 2,5 ml fyn kaneel
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 8 – 10 hoenderporsies
  • 15 ml olyfolie
  • 60 ml heuning
  • 45 ml balsamiese asyn
  • 3 knoffelhuisies, fyngemaak
  • 7,5 cm-stuk vars gemmer, fyngerasper
  • 1 medium ui, in agstes gesny
  • 1 groen soetrissie, ontpit en in breë repe gesny
  • 1 geel soetrissie, ontpit en in breë repe gesny
  • 1 x 410 g-blikkie gekapte tamaties

Metode

  1. Meng die komyn, kaneel, sout en peper in ʼn toeritssakkie en voeg die hoenderstukke by. Skud goed om die hoenderporsies heeltemal te bedek.
  2. Verhit die olie in ʼn braaipan oor matige hitte en braai die hoenderstukke vir ongeveer 4 minute met die velkant na onder. Draai dit om en braai vir nog 2 minute tot goudbruin.
  3. Plaas die heuning, asyn, knoffel, gemmer, ui en soetrissie in die prutpot. Voeg die hoenderstukke, met velkant na bo, by en giet die gekapte tamaties bo-oor.

Bron: 50 Prutpot geregte
Uitgewer: Lapa 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Skim ·

Help asb. Ek is nog nie so handig met die prutpot nie. Hoe lank moet die hoender prut?

ElsabeS ·

Soetsuur hoender herinner my aan my ma se “sondag”hoender as ons almal so om die famiie tafel gesellig verkeer het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.