Soorte resepte:

Resep: Tuna en-aartappelpastei

Tuna en-aartappelpastei (Foto: Lapa-uitgewers)

ʼn Goedkoop, maklike aandete waarvan almal sal hou.

Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • groot klont botter
  • 2 uie, gekap
  • 5 ml gekapte vars knoffel
  • 1,2 kg aartappels, ongeskil
  • 30 ml botter
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 30 ml fyngerasperde parmesaankaas
  • 3 x 170 g blikkies tuna in water, gedreineer
  • 60 ml gekapte vars pietersielie
  • 410 g blik tamaties-en-uiemengsel
  • 375 ml gerasperde cheddarkaas

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer oondbak.
  2. Verhit die botter en soteer die uie en knoffel daarin tot sag. Hou eenkant.
  3. Verhit genoeg water waarby ʼn bietjie sout gevoeg is tot kookpunt en kook die aartappels vir ongeveer 25 minute daarin tot sag.
  4. Dreineer en laat effens afkoel. Trek aartappels se skille af.
  5. Druk aartappels met botter fyn en geur met sout en peper na smaak.
  6. Roer die uiemengsel en parmesaankaas by die aartappels tot goed gemeng.
  7. Skep die helfte van die aartappelmengsel in die voorbereide oondbak.
  8. Skep die tuna bo-op en strooi die pietersielie bo-oor.
  9. Skep die tamatiemengsel gevolg deur die oorblywende aartappelmengsel bo-op die tuna.
  10. Strooi die cheddarkaas bo-oor en bak vir 30 minute.

Bron: Lekker & vinnig: Sakpasgeregte

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Mad Mike die Rhodesiër ·

Dis nou lekker kos vir my en vroulief, die Eend! (‘n Eend eet mos baie vis!)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.