Soorte resepte:

Resep: Tunatert

Tunatert. (Foto: Lapa Uitgewers)

Bedien hierdie tert saam met ʼn vars slaai.

Bestanddele

Kors

  • 200 g (1 pakkie) beskuitjies met ʼn kaasgeur, fyngemaak
  • 125 g botter, gesmelt

Vulsel

  • 170 g (1 blikkie) tuna, gedreineer
  • 3 eiers, geklits
  • 150 ml ongegeurde jogurt
  • 170 ml ingedampte melk
  • 125 ml gekapte pietersielie
  • 125 ml gekapte seldery
  • 250 ml gerasperde kaas
  • 2,5 ml mosterdpoeier
  • sout en peper na smaak

Metode

  1. Kors: Meng die beskuitjiekrummels en gesmelte botter. Druk dit vas in ʼn gesmeerde, oondvaste tertbak. Verkoel die kors ʼn halfuur lank.
  2. Vulsel: Meng al die vulselbestanddele saam. Skep dit in die kors en bak dit ʼn halfuur lank teen 180 °C tot goudbruin.

Bron: 50 Boerekosgeregte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.