Soorte resepte:

Resep-video: Mikrogolf-tunatert

Mikrogolf-tunatert (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Geen spesiale bestanddele vir dié maklike resep nie. Grawe net in jou koskas en jy sal regkom!

Lewer 10-12 blokke

Bestanddele

  • 2 eiers
  • 100 ml melk
  • 3 e blatjang
  • 3 e mayonnaise
  • 1 pak (150 g) aartappelskyfies van jou keuse
  • 1 blikkie tuna
  • 1 ui, gekap
  • 100 g kaas, gerasper

Metode

  1. Maak die aartappelskyfies fyn en meng dit saam met die tuna en uie.
  2. Klits die eiers, melk, blatjang en mayonnaise saam en meng dit ook by.
  3. Druk dit vas in ʼn mikrogolfbak en mikrogolf vir 7 minute op hoog. Haal die tert uit, sprinkel kaas oor en mikrogolf vir nog 2 minute.
  4. Sny in blokke en bedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.