Viskoekies is ʼn treffer en dis maklik vir as jy vergeet het van aandete.
Lewer 8-10 viskoekies
Bestanddele
- 2 blikkies tuna in water
- 2 t mosterd
- 1 e suurlemoensap
- 2 e sprietuie, gesnipper
- 2 e mayonnaise
- 3 e agurkies, in klein blokkies gesny
- 1 eier
- 1 k meel
- sout en peper na smaak
- olie vir vlakbraai
Metode
- Dreineer een blikkie tuna, maar behou die ander blikkie se water. Meng die tuna (saam met een blikkie se tunawater) met die mosterd, suurlemoensap, sprietuie, mayonnaise en agurkies.
- Roer die eier in.
- Meng meel, sout en peper tot alles goed gemeng is.
- Verhit olie in ʼn pan en braai die viskoekies oor matige tot warm hitte totdat gaar binne en die buitekante goudbruin is.
Resep: Janie Monsieur
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
Lus is ek nou vir viskoekies. Maak dit altyd met sardientjies, nog nie met tuna probeer nie.