Nadat hy die niebestaande tender aanvaar het, het die niksvermoedende sakeman ʼn aanvanklike betaling van R85 000 gedoen, gevolg deur ʼn verdere betaling van meer as R160 000.
Lees meerAlles vir Vrydag 15 Januarie 2021
Valke slaan toe op geldskieter
Verskeie bankkaarte is by die vrou gevind.
Talle lugrederye kanselleer SA vlugte
Die hernieude sluiting van grensposte het groot rederye gedwing om vlugte na Afrika se mees geïndustrialiseerde land óf op te skort óf te verminder.
DA vra dat parlement byeengeroep word
Die party sê talle probleme staar Suid-Afrikaners in die gesig en die parlement moet aan die werk kom om iets daaraan te help doen.
SAOU steun besluit oor heropening van skole, maar …
“Die fokus moet op die versekering van veiligheid en gesondheid van leerders en personeel wees. Daarom sal die skoolprogram daaraan ondergeskik moet wees indien verdere tydperke van skoolsluiting vereis word.”
Voëlvrektes by Kamfersdam ondersoek
ʼn Span kundiges is na die dam gestuur om die oorsaak te probeer bepaal.
Kleinsake: Kritiek op wysigingswetsontwerp
Die wysiging is hoofsaaklik daarop gemik om die ministeriële raadgewende liggaam te vervang met ’n ombuddiens en om die minister van kleinsakeontwikkeling te bemagtig om sekere handelspraktyke as “onregverdig” teenoor kleinsake te verklaar.
Vereniging gee duidelikheid oor kleuterskole
“Die huidige voorskrifte het nie ʼn uitwerking op die oopmaak of sluit van sentrums vir vroeë kinderontwikkeling soos kleuterskole, nasorgsentrums, dagmoeders, speelgroepe en dies meer nie.”
Mediclinic: Planne met vol hospitaalbeddens, vraag na ventilators
Die hospitaalgroep Mediclinic het reeds meer pasiënte as gedurende die piek van die eerste koronavirusgolf opgeneem. Sommige Mediclinic-hospitale het in dié stadium geen hospitaalbeddens of ventilators beskikbaar nie.
In dié lande word Christene ergste vir geloof vervolg
Geopende Deure stel elke Januarie ʼn lys met die top-50 lande waar Christene die ergste vervolg word, bekend.
Amerikaanse duif nou voortvlugtende in Australië
Die duif het glo Australië se streng kwarantynregulasies oortree en ʼn swaar straf staar hom in die gesig.
Brandstofpryse styg dalk skerp
Die AA sê skerp stygings in die brandstofprys veroorsaak verdere ekonomiese druk te midde van die ekonomiese verwoesting wat die Covid-19-pandemie reeds gesaai het.
Poskantoor weer op rand van ineenstorting
Ondanks die miljarde rande wat die afgelope paar jaar vir die poskantoor bewillig is, steier die instelling steeds.
Neem só 15 dae verlof en kry 41 dae af!
Werk mooi met jou vakansiedae en jy kan meer as ʼn maand vanjaar vakansie hê!
Jong skrywer duik tienerdieptes in met jeugfiksiedebuut
Weet jy wat ʼn ‘branderjaer’ is en waar die woord vandaan kom? Joha van Dyk vertel meer.
Gemengde reaksie oor skole wat later heropen
Sommige organisasies glo die regering tree nie in die belang van leerders op nie terwyl ’n opposisieparty die uitstel van die skooljaar as “wys” bestempel het.
Moordende Dakar-veldtydren eis nóg ’n slagoffer
Die 52-jarige Fransman het verlede Sondag van sy motorfiets geval en ’n helikoptersoektog het hom bewusteloos in die woestyn gevind.
Só is daar oor skooljaar besluit
Op versoek van gesondheidsowerhede sal die meeste skole in Suid-Afrika eers later heropen wanner die gesondheidstelsel nie meer so oorlaai is deur die tweede golf van die koronavirus nie.
Duitsland maan oor strenger inperking ná virussyfers opskiet
Duitsland het steeds beter gevaar as talle van sy bure in die vroeë dae van die pandemie, maar is swaar getref deur ʼn tweede vlaag, ten spyte van die feit dat een of ander vorm van afsondering sedert vroeg-November in die land geld.
Santam gekap oor uitbetalings
Santam het gesê dat hy sy kliënte in die gasvryheid- en ontspanningsbedryf ʼn volledige en finale skikking van slegs drie maande se verliese sal bied.