Tronkstraf vir twee oor tenderbedrogspul

(Argieffoto: Arnaud Jaegers/Unsplash)

Die Valke het die skuldigbevinding en vonnis van Lerato Mmanoko Matlamela (33) en Lorraine Thantsha (25) op aanklagte van bedrog verwelkom.

Die twee is Donderdag in die Mokopane-streekhof gevonnis.

“Die slagoffer, ʼn sakeman, het ʼn oproep van mense gekry wat oënskynlik amptenare van die departement van gesondheid was. Hulle het hom ingelig dat hy ʼn tender gekry het om rolstoele aan staatsinstellings in die provinsie te verskaf,” het kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die Valke in Limpopo, gesê.

“Die slagoffer is ook dadelik met die bankbesonderhede van die voorkeurverskaffer voorsien.”

Nadat hy die tender aanvaar het, het die niksvermoedende sakeman ʼn voorlopige betaling van R85 000, gevolg deur ʼn verdere betaling van R162 450, in die bankrekening gedoen.

“Toe hy besef dit duur te lank voor die departement hom betaal, het hy gaan navraag doen. Ongelukkig is hy ingelig dat die departement nooit so ʼn tender uitgereik het nie en dat die mense met wie hy sake gedoen het, nie amptenare van die departement is nie,” het Maluleke gesê.

ʼn Saak van bedrog is aanhangig gemaak en na die Valke se eenheid vir ernstige handelsmisdaad oorgeplaas.

“Die beskuldigdes is in Polokwane aangekeer terwyl hulle probeer het om geld uit die verskaffer se rekening te trek.

“Hulle is op borgtog van R1 000 elk vrygelaat.”

Die twee is vandeesweek skuldig bevind aan bedrog en tot vyf jaar direkte tronkstraf gevonnis.

“Die Valke wil sakelui waarsku om bedag te wees op bedrieërs en die betrokkenheid van instellings te bevestig voor hulle enige betalings doen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Spyker ·

Nou toe nou! Hoekom kan dit dit nie met Zuma en sy trawante gebeur nie?

Yvonne ·

As die regstelsel beter kon funksioneer sal daar nie genoeg tronke wees nie…hoe tragies het ons land nie geword nie

Willem ·

Dis doodnormaal om bedrog te pleeg in SA!As jy dit egter nié doen nie is daar groot fout met jou!!Dit raak net erger en erger!Die polisie is die beste voorbeeld want hulle het by hul regering mooi geleer!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.