Neem só 15 dae verlof en kry 41 dae af!

Vanjaar trek werkendes swaar met hul 15 dae verlof omdat so baie openbare vakansiedae in die middel van die week of op Saterdae val. Maar Maroela Media se verlofgids help jou om die meeste uit jou verlof te kry.

Vanjaar kan jy twee lekker lang vakansies van nege dae elk in April neem! En al wat jy moet doen, is om elke keer vier dae verlof in te dien.

Tussen Kersfees en Nuwejaar is daar ook ʼn tydperk waarin jy wéér vier dae verlof kan neem en nege dae vakansie sal kry om die jaar mee af te sluit. Nuwejaarsdag val vanjaar op ʼn Saterdag, wat jou ʼn Sondag bied om gereed te maak vir 2022 en sy dinge.

Daar is ook ruimte om hier en daar een dag verlof te neem, om ʼn lekker vier dae lange langnaweek te geniet.

VAKANSIEDAENEEM VERLOF OPGETAL DAE AF
Menseregtedag: Maandag, 22 Maart·         Vrydag, 19 Maart

4

Goeie Vrydag: Vrydag, 2 April

Gesinsdag: Maandag, 5 April

·         Dinsdag, 6 April

·         Woensdag, 7 April

·         Donderdag, 8 April

·         Vrydag, 9 April

9

Vryheidsdag: Dinsdag, 27 April

Werkersdag: Saterdag, 1 Mei

·         Maandag, 26 April

·         Woensdag, 28 April

·         Donderdag, 29 April

·         Vrydag, 30 April

9

Jeugdag: Dinsdag, 16 Junie

1

Vrouedag: Maandag, 9 Augustus·         Vrydag, 6 Augustus

4

Erfenisdag: Vrydag, 24 September·         Maandag, 27 September

4

Versoeningsdag: Woensdag, 16 Desember

1

Kersfees: Saterdag, 25 Desember

Tweede Kersdag: Maandag 27 Desember

Nuwejaarsdag: Saterdag, 1 Januarie

·         Dinsdag, 28 Desember

·         Woensdag, 29 Desember

·         Donderdag, 30 Desember

·         Vrydag, 31 Desember

9

Totaal:

15

41

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Fritz ·

Indien daar vanjaar verkiesings is, kan jy dan ook 9 dae vakansie vat deur 4 dae verlof in te sit.

Stefan ·

Lyk my die mense werk net om verlof te kan neem.
Verkeerde beroep gekies?

Megan Swart ·

Dagsê ONTPS
Ons vra om verskoning vir die tikfout. Die artikel is reeds gewysig.
Dankie! Groetnis
Megan
nms Maroela Media

Vonnie ·

check net bietjie julle datums. ek het nie geweeg Goeie Vrydag val nou op ‘n saterdag nie!!

Megan Swart ·

Dagsê Vonnie
Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die artikel is gewysig.
Dankie! Groetnis
Megan
nms Maroela Media

Baardman ·

Geen wonder die land gaan agteruit. Tipiese ANC denkwyse. “No work, but still pay”

Snowball ·

Laat my dink aan die gesegde: Son in die Ooste, luiaard op sy boosste, son in die Weste, luiaard op sy beste.

johan ·

As jy dalk vir jou self werk is verlof neem die laaste ding op jou wens lysie. Veral met die virus was ons ekenomies lam le. As jy vir iemand werk soos vir die staat wil jy so min as moontlik doen en vir solank as moontlik, lyk darem net of jy besig is om te werk.

Twopence ·

Dit is artikels soos dié wat ‘n kultuur van ‘kom ons doen so min as moontlik vir so lank as moontlik’ skep. Ek weet vakansie is belangrik om te ontspan en weer gehaltetyd saam met familie en vriende deur te bring maar liewe aarde, dis beslis nie al waarom die lewe draai nie.

Patch ·

Menseregtedag is 21 Maart nie 22 Maart, alhoewel die Maandag ook vakansiedag is

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.