Poskantoor weer op rand van ineenstorting

(Argieffoto)

Bankrotskap staar die Suid-Afrikaanse Poskantoor (Sapo) in die gesig ondanks die R8 miljard wat hy sedert 2014 ontvang het.

Berigte het aan die lig gekom dat die poskantoor weer agterstallig is met pos, huurgeld en die betaling van verskaffers.

Die DA sê eienaars van geboue wat deur die poskantoor gehuur word, word nie betaal nie en daar is berigte dat die poskantoor huurgeld skuld wat langer as 120 dae agterstallig is. Die poskantoor begin selfs ook van sy grond en eiendom verkoop.

Rekenaarstelsels, waaronder die noodsaaklike aanlyn opspoordiens, is wanfunksioneel en dus het kliënte geen idee van die status van hul pakkies of pos nie – geregistreer of nié. Die DA sê die poskantoor se webwerf wys mooi prentjies, eerder as dat dit ʼn nuttige sakehulpmiddel is.

“Met dié dat die poskantoor geen verdere finansiering kry nie en die uitgawes baie hoër as die inkomste is, benut hy die enigste manier om kop bo water te hou, naamlik om betalings aan krediteure te staak,” sê Cameron McKenzie, die DA se woordvoerder oor kommunikasie en digitale tegnologie.

In ʼn hofuitspraak verlede jaar het dit aan die lig gekom dat die poskantoor op 31 Julie verlede jaar byna R1,06 miljard verloor het.

“Dit is ook geen verrassing dat die DA verneem het van die bedanking van die onlangs aangestelde Khathutshelo Ramukumba nie – skaars twee maande nadat sy as finansiële hoof aangestel is.”

Volgens die DA is Covid-19-protokol ook nie ingestel nie, veral gedurende die spitstye wanneer mense maatskaplike toelae by die poskantoor gaan haal.

“Die poskantoor is ʼn noodsaaklike reddingsboei – met die grootste voetspoor in die land – met die buitewêreld en vir mense in landelike en afgeleë gebiede. As hy gered moet word, moet die regering ophou praat oor openbare én private vennootskappe en dit in werking begin stel.

“Vir ʼn bedrewe operateur met kapitaal om te belê kan die poskantoor slaag. Gedeeltelike of algehele privatisering is die enigste alternatief vir bankrotskap.”

Volgens McKenzie het die departement van kommunikasie ʼn nuwe minister nodig en die poskantoor ʼn nuwe eienaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Wondermaarnet ·

Weer eens in die grond in gehardloop deur die ANC en hul kaders.

Wakkerslaper ·

Aaaag toe, ons het mos daarvoor gestem in 1992… onthou jy?

gatgogga ·

Ja, en ek wonder hoe die mense wat vir de Klerk geglo het hulle kinders en kleinkinders in die oe kan kyk.

Sarel ·

Wst verwag hulle… geen disnslewering nie….eet en klets en tee drink .

Carel Johannes ·

Mense agter die toonbank is super stugge, sonder enige vriendelikheid, jy pla hulle diens.

Stefan ·

Na die laatste groot staking (paar maande as ek reg onthou) het baaaie mense en bedrywe moed opgegee met hulle en privaat koerierdienste begin gebruik en agter gekom dat dit heel bekostigbaar en baie meer betroubaar is.
Die kliënte is dus vir altyd verlore.

Pierre ·

en daar gaan die Covid geldjies seker om n sinkende skip te red.

JohanR ·

Ek het ‘n A4 koevert in die week Pretoria toe gestuur net met gewone pos, toe se die dame agter die toonbank dit kan tot drie weke wat om daar aan te kom met die ossewa! Met fie vlietuig vat dit soe week. Kan al klaar ‘n bailout hier sien aankom. Werk en sweet belastingbetalers, werk en sweet!

Sandra ·

Ek kan nie sien waarheen die geld gegaan het nie. Daar is niks nuuts in die poskantore nie. Hul dienslewering baie swak. Iemand het iewers seker weer hulle vingers in die till gehad. Hulle en Eskom word te veel ingestop deur die regering.

Werner ·

Dink nie dit is meer nuus dat n staatsorganisasie bankrot is nie

Adam Adriaan ·

Wat het nog nie ineen gestort nie. Seker net die stort, maar dit kom ook nog met die nie voorsiening van water aan die people.

domheks ·

Nou wonder ek, toe Paymaster (dink dis die regte naam) Sassa gelde uitbetaal het, wou hulle dit nie opgee nie wat hulle het miljoene gemaak. Hoe kan die Poskantoor dan nou nog nie die resultate sien nie? Of is die salaris pos te HOOG??? Vra maar net….

Sênet ·

Die ANC sal nooit dat die Poskantoor in private besit beland nie.

Janee ·

Ai mense!!!…Seker moet ons dankbaar wees dat alles nie ..soos altyd… voor apartheid se deur gelê word nie…

Hartseer om die agteruitgang van die afgelope 28 (?) jaar te ervaar.

MakersMark ·

Geen dienslewering. Selfs toe grootmond skuur daar was het niks gebeur nie net baie warm lug van al die gepraat en beloftes.

Hennie J ·

In sy kanon in getransformeer en geplunder.Regstellende aksie op sy beste!!!!

Anoniem ·

Postnet het lankal julle werk oorgeneem. Maak die gemors toe.

koos10 ·

Die regering gaan niks doen nie want, anders as SAA, kry hulle niks verniet daaruit nie!

Mallie ·

Sorry to say, but close it. There are many businesses that can do their jobs better than they do with less fraud.

Hermie ·

Dis geen verrassing nie. So is alle staatsorgane stelselmatig vernietig met die politieke aanstellings deur die ANC. Kwaliteit is nie belangrik nie, slegs politieke affiliasie is.

Francois Le Cochon ·

Om by die Poskantoor in te stap, is soos om terug in tyd te gaan. Omtrent niks het verander sedert hul stigting in Oktober 1991, voorheen Dept van P&T.

antieke antie ·

was daar dan nie ontslae geraak van die bevoegde persoon wat die poskantoor reggeruk het nie…… ooooo ja was daar nie weer n regstellende BEEE en EE aanstelling gemaak nie … dan was ek nie verkeerd toe ek dit voorspel het nie…. volgend is EKSDOM se mense wat ondermyn gaan word

Yvonne ·

Ek staan verslae teen die kanker en virus van verrotting wat die ANC bereik het

Chris ·

Ek het so 2 weke gelede n kwotansie van n besigheid ontvang waar ek was. Dit is gestuur in September 2019 en by my afgelewer in Januarie 2021

Anoniem ·

Ek is nie verbaas oor die swak finansiële posisie van die Poskantoor nie…………………….Kyk na die geboue se toestand en ook rondom die geboue. Hier in ons dorpie is die briewe afleweraar nou sommer aangestel as kassier>>>en die diens is pateties.!!!

christo ·

Die feit is dat die uitgerekte staking ‘n paar jaar gelede by die Poskantoor, die werkers hul hand oorspeel en hulle uit ‘n werk gestaak het. Die hoender wat daagliks die eiers gelê het, het gevrek en dit was verby met die Poskantoor.

Ons het geen keuse gehad om alternatiewe te vind of aan te pas nie. Ek kry my pos nou per epos. Ek stuur belangrike pakkette teen billike pryse d.m.v. ‘n koerier. Jy weet dat jou item by sy bestemming sal uitkom.Daar is lankal nie meer aflewering van pos nie. My posbus is gesluit want niemand stuur meer pos nie. Die Poskantoor wou nie meer Medipost se medikasie besendings hanteer nie want dit neem te veel ruimte op! Die koerier doen dit nou baie beter as die Poskantoor. Die jammerte is dat plattelandse arm gemeenskappe nie meer ‘n bekostigbare diens tot hulle beskikking het nie.
DIE BLAAM MOET VOOR DIE DEUR VAN DAARDIE STAKENDE POSKANTOOR WERKERS GELÊ WORD. JULLE HET DIE POSKANTOOR VERWOES.

4ntj13 ·

Hoe lank sal die ANC-regering aanhou om dooie koeie te voer? Of moet ek eerder vra: om te máák of hulle dooie koeie móét voer om die soustrein te laat voortbeweeg?

Rita ·

Met meeste besighede wat nie meer dmv die poskantoor met hul kliënte kommunikeer nie maar eerder e-pos gebruik het daar klomp inkomste verlore gegaan. Dan is sms boodskappe ook beter en vinniger as die ou telegramme. Poswissèls om te betaal werk ook nie meer nie want eft betalings is nou hoe dit werk. Sit hier by nog onbeholpe, onbevoegde, onvriendelike en trae personeel en jyt n wenresep vir ondergang. n Gewilde omroeper sê juis vanoggend ons behoort die werknemers van die poskantoor te bedank as hul hul werk goed doen. Bid jou dit aan. Die publiek van SA het al so gewoond geraak aan swak diens dat wanneer n staatsamptenaar net sy werk doen wat hy moet en buitendien betaal word voor, verwag hulle ook nog dat elke klant n lourierkrans om hulle nek hang net omdat hy vir n slag sy werk doen en n behoorlike diens lewer????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.