Voëlvrektes by Kamfersdam ondersoek

(Foto ter illustrasie: pixabay)

Minstens 30 voëlvrektes is reeds by die Kamfersdam naby Kimberley in die Noord-Kaap aangemeld.

Die departement van landbou, omgewingsake, grondhervorming en landelike ontwikkeling sê hoewel die dam bekend is as die tuiste van veral flaminke, is geen berigte oor enige flaminkvrektes nog ontvang nie.

Mase Manopole, LUR, het vandeesweek ʼn span wetenskaplikes en veeartse na die dam gestuur om die oorsaak van die vrektes te bepaal.

“Met die hulp van die mynmaatskappy Ekapa is water- en weefselmonsters deur ons veeartsenygesondheidsafdeling geneem om in ʼn laboratorium ontleed te word. Ons hoop om voor die einde van volgende uitslae te ontvang.”

In hierdie stadium word voëlvoedselvergiftiging as die oorsaak van die vrektes vermoed en die situasie word daagliks gemonitor.

Manopole het mense ook gewaarsku om nie die vleis van die karkasse te eet nie, aangesien dit moontlik dodelik kan wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Remlut ·

Dis reg laat die myn (wie tien teen een verantwoordelik is vir die ramp) julle help dan word die uitslag ook gemanipuleer !

twaalfboor ·

Dis een van die nuttelooste en vrotste damme wat ek nog ervaar het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.