DA vra dat parlement byeengeroep word

Die parlement in Kaapstad. (Foto: ANA)

Die DA het adj.pres. David Mabuza in sy hoedanigheid as leier van regeringsake gevra om die parlement byeen te roep sodat parlementariërs aan die werk kan kom.

Natasha Mazzone, die DA se hoofsweep, sê die party het hom tot Mabuza gewend ná verskeie versoeke aan die speaker, Thandi Modise, om die parlement oor dringende sake terug te roep.

“ʼn Menigte uitdagings staar Suid-Afrika in die gesig en die parlement het die plig en die hulpbronne om talle van die kwessies wat Suid-Afrika raak, te hanteer.”

Mazzone sê die kwessies sluit in onsekerheid, frustrasie en verwarring oor die entstofprogram, ʼn departement van binnelandse sake wat nie meer basiese dienste lewer nie, ʼn humanitêre krisis by landsgrensposte, ʼn polisiediens wat branderryers en swemmers moet stuit terwyl moorde en verkragtings ongebreideld voortgaan, ʼn gasvryheidsbedryf wat op sy knieë gedwing is, ʼn maatskaplike toelaestelsel wat byna ineengestort het en leerders wat vreesbevange is oor wat die akademiese jaar inhou.

Nog probleme sluit in dié met hospitale landwyd wat nie die vermoë het om siekes te help nie, voortgesette beurtkrag en munisipaliteite wat nie basiese dienste kan lewer nie.

“Toe die Covid-19-pandemie Suid-Afrika getref het, het die DA sy bereidwilligheid te kenne gegee om die regering by te staan. Die aanbod is nie teruggetrek nie en ons het deurlopend insette gelewer oor waar die regering tekort skiet en misluk,” sê Mazzone.

“Suid-Afrika benodig onpartydige oplossings en samewerking om die regering te help om die lang lys probleme te hanteer. Die parlement is die manier om dit te doen. Ons het werk om te doen en ons moenie verhoed word om ons rol kragtig te vervul nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

koos10 ·

Droom voort DA. Die regering geniet die “power trip” en gaan nie toelaat dat die parlement dit stop nie.

Die Wolf ·

Hulle is bang want dan moet hulle antwoorde verskaf. Weet nie meer met watter leuns vorendag te kom nie . Wonder of hulle self begin besef die gebrek aan die grys materiaal in hulle midde.

Tanniepetoors ·

Dit gaan mense met bonatuurlike oortredings vermoëns neem om die regering tot rasionele insigte te bring en ons ekonomie van totale ineenstorting te red. Hongersnood staar ‘n groot deel van die bevolking in die gesig en die regering se rampbestuur is die oorsaak.

Johan ·

Hongersnood is reeds met ons…dit is n stadige erge dood, ek sien dit elke dag. Dankie aan die parlament wat dit goedgekeur het? julle is sluldig aan massamoord.

Pieter ·

is dit nie nou tyd vir eens en altyd vir die DA om uit die Kas te klim nie .of is julle net plain slapgat!!!! Oppisiesie party ?asb!!! Blaf soos klein hondjie anderkant die draad van die sirkus begin het !!!!

Okmardom ·

Klink na gaos. Enige besigheid wat so bestuur word sal grond toe gaan. Daar is geen manier dat jy mense in gesagsposisies in beheer kan hê nie. Ons is uitgelewer aan n eeu oue bestel wat vandag net nie meer werk nie. Ons sal moet aanbeweeg. Dit gaan n opstand kos!

Henk ·

Die Parlement is net so impotent soos die ANC meerderheid, die DA en die EFF – die res noem ek nie eers nie en ek weet nie waar die fondse vandaan moet kom wat die sirkus weer aan die gaan moet kry nie, dit is juis a.g.v van al voorgenoemdes se “bydraes” oor die jare wat die land in die grootste krisis het ooit!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.