Soorte resepte:

Resep-video: Vleis-en-kaasrolletjies

Vleis-en-kaasrolletjies. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Hierdie is ʼn tradisionele Italiaanse resep (Beef braciole) wat ons effens aangepas het.

Tradisioneel sal dit in die oond gebak word met ʼn tamatiesous bo-oor, maar in Suid-Afrika hou ons van braai, en daarom doen ons dit op ons manier. Johann Schoeman het vir ons dié heerlike resep aanbeveel.

Bestanddele

  • 6 dun gesnyde stukkies biefstuk (steak)
  • 3 knoffelhuisies, fyngekap
  • ½ k pietersielie, fyngekap
  • 6 mozzarellakaas in vingers gesny
  • sout en peper, na smaak
  • 12 dun snytjies prosciutto (of enige koue vleis van jou keuse)
  • 2 e olyfolie (en ekstra)

Metode

  1. Meng die olyfolie, knoffel, pietersielie, sout en peper.
  2. Kap die biefstuk ʼn bietjie dunner en smeer dit met die olyfolie-mengsel.
  3. Plaas ʼn snytjie kouevleis in die biefstuk en rol dan een van die mozzarellakaasvingers in die vleis toe en steek dit met ʼn sosatiestokkie vas.
  4. Gooi bietjie olyfolie bo-oor die rolletjies en sprinkel met sout en peper na smaak.
  5. Braai dit oor matige kole tot die vleis gaar is, na smaak, en die kaas binne-in gesmelt het.
  6. Sit warm voor.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Besoek Die Koöperasie om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ʼn plaaskombuis te omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

bolletjie blom ·

Klink lekker. Weet daar is amper ‘n soortgelyke resep met mossels en kaas in. Hulle noem dit knapsakke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.