Soorte resepte:

Romerige hoender-en-spek-toevoupakkie

Romerige hoender-en-spek-toevoupakkie (Foto: Lapa)

Smul aan dié romerige en vinnige dis.

Lewer 8 porsies

Bestanddele

  • 3 gaar hoenderborsies, in stukkies gesny
  • 15 ml kanola-olie
  • 1 ui, gekap
  • 250 g spek, in stukkies gesny
  • 250 g sampioene, in skyfies gesny
  • 80 ml geroomde maaskaas
  • 80 ml mayonnaise
  • 80 ml blatjang
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 8 sagte toevoupakkies (wraps)
  • toutjies om vas te bind

 

Metode

  1. Verhit die olie en soteer die uie tot sag. Voeg die spek en sampioene by en soteer tot gaar.
  2. Verwyder van hitte en roer die hoenderstukkies by.
  3. Meng die geroomde maaskaas, mayonnaise en blatjang, en roer by die hoendermengsel.
  4. Geur na smaak met sout en peper.
  5. Verdeel die hoendermengsel tussen die 8 toevoupakkies. Draai dit toe, bind met toutjies vas en sit dadelik voor.

 

Bron: Lekker wraps

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.