Soorte resepte:

Vyf resepte om Internasionale Koffiedag te vier

Vier Internasionale Koffiedag saam met Maroela Media deur een van hierdie heerlike koffiegeregte te maak.

Boeretroos-yskastert

Hierdie tert is ’n droom vir koffie-liefhebbers. Dit is ongelooflik maklik om te maak, met slegs vyf bestanddele, en sal jou mond behoorlik laat water.

Kry die volledige resep hier.

Sjokoladekoek met Espresso

Sjokoladekoek is ʼn ideale manier om Internasionale Koffiedag te vier.

Sjokoladekoek met espresso. (Foto: verskaf)

Kry die volledige resep hier.

Douwe Egberts se smullekker ‘brownies’

Geniet hierdie heerlike ‘brownies’ saam met jou volgende koppie koffie.

Douwe Egberts se smullekker ‘brownies’. (Foto: verskaf)

Kry die volledige resep hier.

‘Net Koffie’ se beker-koffiekoek

Probeer dié resep vir ’n vinnige, lekker happie koek.

‘Net Koffie’ se beker-koffiekoek. (Foto: verskaf)

Kry die volledige resep hier.

Koffie-en-kondensmelkroomys

Dit is geen geheim dat koffie heel boaan Maroela Media se inkopielys is nie – daar is altyd ʼn goeie verskoning vir ʼn lekker koppie koffie.

Met hierdie resep kan jy jou koffie op ʼn warm somersdag óók geniet. Dit is vinnig en maklik; net vyf maklike stappe en jy benodig slegs drie bestanddele.

Kry die volledige resep hier.

Verkies jy jou boeretroos in ʼn blikbeker? Skaf jou eie stel Maroela Media-blikbekers, of selfs ʼn blikkantien-koffiestel by die Maroela Media Koöperasie aan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Karoo ·

Baie dankie, almal lekker koeke ens…. maar waar is die betroubare soet koekie? Of lekker beskuit?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.