Hoenderinflasie ergste vir armes

Foto ter illustrasie. (Foto: Leo Fontes, Pixabay)

Die deurlopende insinking in die ekonomie het oor die afgelope jaar ook gemanifesteer in die skerp styging in hoenderpryse. Volgens Absa Landbou kan dit toegeskryf word aan kontantarm mense wat meer hoender gekoop het aangesien dit  ʼn meer bekostigbare proteïenbron is.

Dit het noodwendig daartoe gelei dat die prys van hoender en spesifiek individueel-kitsgevriesde hoender (IQF), wat die goedkoopste is, skerp gestyg het. Oor die afgelope maand het die prys met 2,3% gestyg, en jaar op jaar met 17,3%.

Marlene Louw, senior landbou-ekonoom by Absa, het aan Maroela Media gesê dat hierdie styging bo normaal is, maar dat alle vleis, behalwe vark, se pryse styg.

Sy sê 20% van die hoender wat in Suid-Afrika verbruik word, word ingevoer en wêreldpryse help ook nie om dié prys te stabiliseer nie en dat hoenderstorting ook ʼn rol gespeel het.

Hoewel die basiese neigings in die wêreldwye pluimveemark grootliks onveranderd bly, lei siekte-uitbrekings en hoë insetkoste daartoe dat die aanbod beperk is en pryse derhalwe hoog gehou word. Daarbenewens dra ʼn sterk aanvraag daartoe by.

Vir die afsienbare toekoms verwag Absa dat hoenderprodukte steeds duurder sal word weens insetkoste wat nie daal nie en ʼn swak wisselkoers.

Hoewel die rand vroeg in Julie teen die dollar verstewig het, sal bewegings in die wisselkoers ʼn baie belangrike rol speel om prysverwagtinge in die plaaslike pluimveemark te meet.

 

Plaaslike pluimveepryse lyk soos volg:

 Gevriesde heel hoender (R/kg)Vars heel hoender (R/kg)Individueel kitsgevries (R/kg)
Prys32,3432,5629,82
Week tot week-2,8%0,1%-0,1%
Maand tot maand-3,9%-3,8%2,3%
Jaar tot jaar13,8%13,0%17,3%

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

VaalDonkie ·

‘n Halwe lam is nou al R150/kg. in 2020 was dit R90 en toe het ek al gedink dis rof. Ek koop deesdae omtrent net hoender en maalvleis. Ek is nog nie so arm dat ek vark moet eet nie (behalwe bacon en ribbetjies). Maar as dinge so aangaan sal ek later seker maar moet vis in my swembad aanhou.

Manie ·

Ek en vis verkeer nie in die winter op ‘n goeie voet nie, dan is ons “koivriende”

Piet parys ·

Werk uit as jy kan wat daai bacon jou kos per kg . Ek eet eerder lam dis goedkoper as bacon . So jys n ryk man

Pierre ·

Inflasie raak almal ewe sleg, dus nie asof prys bepaal word op inkomste nie, ek is moeg vir die alewende sensasie “dit raak die armes……….”

annie ·

Met die inflasiekoers op 250% in Zim koop hul seker braaihoendertjies in SA vandaar die hoër prys en baie verkeer by die grenspos na Limpopo en deur die Lelie-heining. Mogabe het toerisme tussen SA en sy land grootliks verbeter.

Piet parys ·

Snaaks mense kla as kos opgaan maar nie een vra hoeveel insetkoste op is nie . Mielieprys is op en insetkoste vir mielieboere is op ,Elektrisiteit is op en voerkostes is op . Hoenderhokke word die temperatuur beheer anders vrek hulle . Die dag as daar nie meer kos beskikbaar is nie dan wil ek sien wat gaan die kerm gatte dan sê. Die boere subsideer die man in die straat maw dit wat julle in die middelman se winkel of supermark betaal is meer opgejaag en hy maak die groter wins . Hoe lank vat dit om n lam groot te maak en hoe lank vat dit om n lam oor die toonbank te verkoop. ???

Danie ·

Ek is seker dat dit wat jy se wel die geval is, maar die boer wil ook nie sy vee of pluimvee aan die ppubliek verkoop nie. Hy verkoop aan die slagpale waar hy n bitter min prys kry. Jare terug kon jy na n boer ry, koop n skaap of n bees vir baie beter pryse as wat jy by n slaghuis betaal het en slag hom jouself of vat hom slagpale toe en laat hulle hom sla. Kyk wat betaal ons vamdag vir beesvleis ek praat mie eens van lam nie want dit is onbekostig baar. Hoe betaal jy R179 per kilo vir steak. R95 vir kook vleis. Die man op straat word uigebuit deur slaghuise. Boere moet eerder self slag en verkoop dan kan hul ook beter gelde kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.