Beskerm jou gewrigte, verlig pyn weens artritis

(Foto verskaf)

Skokkend genoeg, sukkel een uit elke vyf mense in Suid-Afrika met osteoartritis.

Wat is osteoartritis?

Osteoartritis is ʼn siekte van die sinoviale gewrigte wat gekenmerk word deur die voortdurende agteruitgang en verlies van artikulêre kraakbeen. Die hele gewrig ondergaan uiteindelik strukturele en funksionele veranderinge.

Osteoartritis veroorsaak ook ʼn beduidende toename in pro-inflammatoriese biomerkers wat lei tot chroniese inflammasie. Meeste pasiënte kla van chroniese pyn, styfheid en swelling.

Daar is tans nog geen oplossing vir die siekte nie. Osteoartritis versleg oor tyd, en is een van die mees algemene oorsake van permanente gestremdheid in mense ouer as 70 jaar.

FlexofendTM 3x Gewrigsbeskermer bied nou ʼn veilige alternatief vir die probleem. FlexofendTM beskerm jou gewrigte drievoudig:

  1. kraakbeenbeskerming
  2. verminder styfheid
  3. verminder pyn.

FlexofendTM is die enigste gesondheidsaanvulling vir gewrigte waar die drievoudige aksie wetenskaplik bewys kan word met 16 gepubliseerde studies.

Die aktiewe bestanddeel in FlexofendTM is 500 mg NEM® (eierdop-membraan) wat ʼn natuurlike samestelling van bioaktiewe molekules bevat soos:

  • kollageen (tipe I, V en X)
  • glukosamien
  • chondroïtien

Hierdie kragtige bioaktiewe molekules werk sinergisties saam om gewrigte te beskerm.

Slegs een kapsule per dag is genoeg.

FlexofendTM werk baie eenvoudig. Dit verminder verskeie pro-inflammatoriese biomerkers wat verantwoordelik is vir chroniese inflammasie en die vervorming van kraakbeen en weefsel. FlexofendTM bied ‘n aansienlike chondro-beskermende effek.

Wie kan voordeel trek uit FlexofendTM?

Mense wat met gewrigspyn en -styfheid sukkel, soos pasiënte wat met osteoartritis en/of rumatoïede artritis gediagnoseer is.

Drie redes waarom jy FlexofendTM moet oorweeg

  1. FlexofendTM beskerm jou gewrigte. FlexofendTM beskerm jou gewrigte teen verdere afbraak van die kraakbeen.
  2. Jy voel dit! Ongeveer 70% van pasiënte voel die verligting van pyn en styfheid binne slegs 10 dae.
  3. Bekroonde produk. Die produk is bekroon in Noord-Amerika as een van die beste gewrigsaanvullings in sy klas.

Optimale aanvoelbaarheid is ná ses maande van aanvulling met FlexofendTM.

Waar is FlexofendTM beskikbaar?

Stuur ʼn WhatsApp na 061 192 2377 vir meer inligting.

Beskerm jou gewrigte vandag nog Met FlexofendTM 3x Gewrigsbeskermer

  • Eiendomsnaam en doseervorm: Flexofend-kapsules. Samestelling: Elke kapsule bevat 500 mg NEM® (eierdop-membraan). Farmakologiese klassifikasie: D34.13 Ander (Komplementêre medikasie: gesondheid-aanvulling) Naam en besigheidsadres van die aansoeker: Azariah Pharmaceuticals (Pty) Ltd. Maatskappyregistrasienommer: 2018/312646/07 Adres: Pretoria, Gauteng nr.: +27 61 192 2377. Verdere inligting en verwysings op versoek beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.