Pasop, stres kan jou siek maak!

Dr. Nadia Goolam Amod (Foto: Verskaf)

Die mediese definisie van stres is fisieke, geestelike of emosionele faktore wat ʼn mens se binneste kan aantas. Die uitwerking van stres en spanning kan ekstern (soos ʼn uitbarsting by ʼn sosiale geleentheid) of intern (soos ʼn siekte) wees.

Die Suid-Afrikaanse Depressie-en-Angsgroep (Sadag) dui aan dat een uit elke drie Suid-Afrikaners ʼn geestestoestand het of sal hê.

Op lang termyn veroorsaak stres ʼn wanbalans van hormone in die liggaam, wat kan lei tot verskeie komplikasies soos geheueverlies, probleme om te konsentreer, swak immuunstelsel, swak slaappatroon, en selfs depressie en angs.

Dr. Nadia Goolam Amod, ʼn dokter wat fokus op navorsing en ontwikkeling, sê kroniese en erge spanning kan jou geestesgesondheid belemmer omdat mense dikwels oorweldig, alleen, ongebalanseerd en angstig voel.

“Stres is deel van die lewe. Stresvolle gebeure is onbedoeld, maar jy kan stappe doen om dié gebeure beter te bestuur. Daar is verskeie tipes tuisstrategieë wat jy kan inspan om jou stresvlakke te hanteer,” sê sy.

Hierdie strategieë sluit in:

  • Bly verbind met vriende en familie. Mens-tot-mens-interaksie is baie belangrik.
  • Skep gesondheidsbewuste leefstylgewoontes soos om gesond te eet, oefening te doen en genoeg te slaap.
  • Wees bewus van jou omgewing en die belangrikheid daarvan om “mindful” te wees. Bring tyd in die natuur deur, mediteer en leer om in die oomblik te leef.
  • Praat met kollegas ná ʼn ontmoeting of vergadering. Deel dan jou ervarings en oplossings. Dit sal help om jou motiveringsvlakke ʼn hupstoot te gee.
  • Vra hulp. Baie mense loop steeds met die stigma dat hulp vra ʼn teken van swakheid is, en daarom ignoreer hulle hul toestand tot hulle dit nie meer kan hanteer nie. Om hulp te vra is nie ʼn teken van swakheid nie, dit is ʼn teken van sterkte. As jy van die volgende simptome ervaar, maak ʼn afspraak met ʼn berader voordat dit verder gaan:
  • Aanhoudende moegheid
  • Maklik geïrriteerd
  • Aanhoudende moedelose gevoel
  • Geen motivering
  • Voortdurende gevoel van angs

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Riaana ·

Ja, angs is nog n siekte wat toeneem, maar hoe anders, ons is baie wat werkloos is agv Covid19,
Als in die lewe is skelm, elke recruiting company wat terug kom na jou soek geld voor jy gaan vir n onderhoud, ons UIF kan dalk miskien Desember uitgesorteer word let wel jy kry n nommer om te bel 4 de Desember in die hoop dat jou aansoek aanvaar is, ons almal het kinders… En hoe se jy vir jou kind daar is NIKS op te eet nie, skole begin einde Januarie hoe en waar gaan ons die geld kry om hom wel in die skool te sit, hulle se vra hulp vir wie vra mens… Ons bly lankal nie meer in n land waar mense mekaar help nie, dis elkeen vir homself in hierdie wrede wrede land van ons, mens bid en hoop en glo vir die beste maar ja…. Die lewe raak te veel en te hard vir die meeste van ons.

Manch ·

Maroela Media, daar bestaan nie ‘n woord soos “kroniese” nie. Die korrekte spelling is “chroniese”.

Megan Swart ·

Dagsê Manch
Dankie vir jou boodskap.
Let asseblief daarop dat “kroniese” en “chroniese” ‘n wisselvorm is. Albei vorme word in Afrikaans erken.
Groetnis
Megan
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.