Aitsa, Haval!

Haval het in die afgelope paar jaar enorme treë in die regte rigting gegee. Wat ontwerp en tegnologie betref, het die jongste H6 en Jolion werklik beïndruk. Die Chinese handelsmerk wys al vir ʼn hele ruk dat hy nie hier is om te speel nie.

Soos dit deesdae mode is met van die luukse handelsmerke soos Audi, BMW en Mercedes-Benz moet daar ʼn koepeeweergawe van ʼn sportnutsvoertuig ook wees. Welkom aan die heel mooie Haval H6 GT.

Dit is nie nét ʼn mooi ontwerp nie. Onder die kap sit ʼn kragtige 2.0-viersilinderturbopetrolenjin wat 155 kW en 325 Nm bied. Die krag word aan al vier wiele gestoot deur ʼn 7-spoed-dubbelkoppelaar- outomatiese ratkas.

Aan die binneruim sit Haval weereens sy beste voet voor met ʼn uiters luukse kajuit. Daar is elke denkbare luuksheid én veiligheidstelsel.

Ons sal binnekort tyd met die H6 GT deurbring. Toe ons met die Jolion en H6 gery het, was daar ʼn paar klein foefies wat gepla het in die veiligheidstelsels – so ons sal sien of dit reggestel is met die nuweling.

Ek kan beslis sien hoe Haval met dié model nuwe kliënte na sy stal gaan lok. Ons sal ʼn volledige indiepteresensie gee ná ons met die H6 GT gery het.

Die H6 GT lyk só:

Haval H6 GT 2.0T 4WD Super Luxury155 kW/325 Nm8,4 ℓ/100 km5 jaar/100 000 km-waarborg

5 jaar/60 000 km- diensplan

R629 950

Klik hier vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Vonkprop ·

Buite lyk hy fantasties, maar binne val dinge vir my ongelukkig uitmekaar. Die groen-geel sitplekke pas glad nie. Rooi afwerking sou beter gelyk het. As die voertuig self buite daardie groen-geel kleur gehad het sou dit baie beter gelyk het. Die stuurwiel lyk of dit van ‘n plaasbakkie kom en vertoon nie sag en luuks op die oog nie. En iets van die middelkonsole lyk uit plek asof dit met ‘n 3D-drukker gemaak is. Hopelik word dit met die volgende model reggestel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.