Google Maps se funksie wat motoriste waarsku oor spoedkameras gaan ook nou in Suid-Afrika beskikbaar wees.
Dié funksie is eers net in ʼn paar lande bekendgestel terwyl Google dit getoets het, maar dit word nou in meer as 40 lande beskikbaar gestel, insluitend Suid-Afrika, berig EnGadget.
Die nuwe funksie sal motoriste wat Google Maps gebruik vir navigasie in staat stel om die spoedgrens op ʼn spesifieke pad te sien sowel as spoedkameras wat op hul reis voorkom.
Die nuwe funksie sal beskikbaar wees op die jongste Android- en iOS-weergawes van die app. Android-gebruikers sal ook in staat wees om mobiele en geïnstalleerde spoedkameras op die toepassing te rapporteer.
Die spoedgrens sal aan die onderkant van Google Maps verskyn terwyl spoedkameras met ikone op paaie aangedui sal word.
Die funksie is geïnspireer deur Waze, ʼn navigasie-app wat Google in 2013 bekom het.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
17 Kommentare
Ek neem aan ons minister en verkeersdepartement is vies. Verbasend dat hulle nog nie ‘n vergadering aangevra het nie.
Ek hou hiervan!
Dit is reeds in werking. My broer gister bevestig terwyl hy bestuur.
Moet spoedvrate gewaarsku word sodat hulle nie vasgetrap word nie?
Daar is lankal waarskuwingsborde waar kameras is en die GPS dui aan as mens daar oor die spoedgrens gaan.
Ons almal weet hoe vinnig of stadig mens moet ry. Gehoorsaam die reëls maar net.
Te danke aan tegnologie soos GPS safety (spoedkameras) en spoedbeheer (cruise control) het ons vir die afgelope 6 jaar nog geen spoedkaartjies gekry.