Meer oor Kuga-plaasvervanger bekend

Ons weet al ʼn wyle dat Ford spook om meer voertuie tot sy passasiervoertuigaanbieding in Suid-Afrika te voeg. Die Kuga het groot probleme veroorsaak.

ʼn Plaasvervanger is wel nou aangekondig. Die nuwe Ford Territory sal eersdaags in Suid-Afrika beskikbaar wees. Die C-segment-sportnutsvoertuig het sitplek vir vyf.

Die nuwe Territory word aangedryf deur ʼn enjin wat ons in Suid-Afrika nie ken nie, ʼn 1.8-viersilinderturbopetrolenjin wat 138 kW en 318 Nm bied. Die Territory maak gebruik van ʼn 7-spoed-dubbelkoppelaar‑ outomatiese ratkas.

Die Territory is geskoei op die Ford Equator Sport en word by sy Nanchang-aanleg in China vervaardig.

Die bekostigbaarste Territory is joune vir so min as R576 000 – en die duurste model met ʼn diensplan kos R721 000.

Die reeks lyk só:

ModelPrys sonder diensplanPrys met diensplan
Ford Territory Ambiente 1.8 EcoBoost 7ATR576 000R590 000
Ford Territory Trend 1.8 EcoBoost 7ATR632 000R646 600
Ford Territory Titanium 1.8 EcoBoost 7ATR707 000R721 000

Die reeks word gedek deur ʼn 4 jaar/120 000 km-waarborg.

Ons behoort eersdaags ons hande op die Territory te kry en kan dán verder berig oor gehalte, ontwerp en waarde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

koos10 ·

Mrs H, en soos bykans alle ander SUV’s.
Ek hou van die Kuga, en het ook van die ou Territory gehou, behalwe van sy wilde brandstof gebruik.
Ek het net een vraag vir Ford, hoekom die nuwe Kuga prys met en sonder diensplan? Sit die diensplan by en gee een prys asb.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.