Motorverkope: Dié motors die gewildste  

Argieffoto (Foto: Admiral_Lebioda/Pixabay)

Motoruitvoere het in September weer blink vertoon met ʼn totaal van 41 474 voertuie wat uitgevoer is.

Ford (9 829) het die meeste uitvoere gehad, gevolg deur Volkswagen (9 656), Toyota (7 264), BMW (6 501) en Mercedes-Benz (6 501). Ford voer die Ranger uit, Volkswagen die Polo, BMW die X3, Mercedes-Benz sy C-klas terwyl Toyota die Hilux, Fortuner en Corolla Cross uitvoer.

Plaaslik is ʼn totaal van 47 786 eenhede van die hand gesit. Toyota (12 059) loop hier los hande voor, gevolg deur Volkswagen (6 750) en Suzuki (4 355) wat nog sterk in die derde plek staan. Hierna volg Hyundai (3 146), Nissan (2 649), Renault (2 601), Isuzu (2 287), Ford (2 212), Kia (2 086) en Chery (1 352).

Toyota se Urban Cruiser was die gewildste passasiervoertuig in September met 1 946 wat verkoop is, gevolg deur die Corolla Cross met 1 434 verkope. Volkswagen se sterkste modelle is die Polo Vivo (2 473) en Polo (1 371). Suzuki se sterkste model is die Swift met 1 332 eenhede.

Die topverkoper in die ligtehandelsvoertuigsegment is Toyota se Hilux met 2 842 verkope. Isuzu se D-Max (1 968) neem die tweede plek in en Ford se Ranger (1 604) is in derde plek. Toyota se HiAce-bussie is in die vierde plek (1 526) en Nissan se NP200 (1 198) rond die topvyf af.

Alex Boavida, adjunkvoorsitter van die Nasionale Motorhandelaarsvereniging (Nada), sê verkope van nuwe voertuie bly toeneem, ten spyte van die talle faktore wat dit opdraande gee, maar waarsku dat die prentjie moontlik kan verander.

“Die syfers word aangehelp deur ʼn sterk vertoning van Toyota wat groot vordering toon in sy herstel nadat vloedskade in April die aanleg tot stilstand gebring het,” sê Boavida.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

SjN ·

Volkswagen kan sy omset syfers te danke wees aan onervare gesubsideerde kaders.

andre ·

Die Polo Vivo was die gewildste passasiersmotor en dan die Urban Cruiser as ek so na die syfers kyk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.