Motorverkope: Toyota slaan die kitaar

(Foto: Verskaf)

Motorverkope neem steeds geleidelik toe, maar die rentekoersverhogings kan ʼn demper hierop plaas.

Daar is in Maart 50 157 voertuie plaaslik verkoop, 308 minder as in dieselfde tydperk verlede jaar. Wat passasiersvoertuie betref, is daar 31 631 motors verkoop, 2 157 minder as in Maart verlede jaar. Daar is egter meer ligte kommersiële voertuie (15 529) verkoop as in dieselfde tyd verlede jaar en uitvoere (31 134) het ook gestyg.

Mikel Mabasa, uitvoerende hoof van die nasionale vereniging van motorvervaardigers (Naamsa), het gesê die onlangse rentekoersverhoging het reeds ’n uitwerking gehad op verbruikers wanneer hulle besluite moet neem oor die koop van ʼn nuwe voertuig aangesien besteebare inkomste krimp.

“Die Menseregtedag-vakansiedag en die EFF se betoging het ook motorverkope in Maart beïnvloed. Terwyl voertuigproduksie toeneem en voertuigverkope en uitvoerverkope ook geleidelik toeneem, sal die voortgesette monetêre beleidverstramming, plaaslike en wêreldwye verlangsamende groei, sowel as energietekorte ʼn groter invloed op die algehele prestasie van die bedryf hê.”

Die toptien‑handelsmerke vir plaaslike verkope lyk só:

  1. Toyota – 13 406
  2. Volkswagen– 6 139
  3. Suzuki – 3 734
  4. Hyundai – 3 032
  5. Nissan – 3 012
  6. Ford – 2 993
  7. Isuzu – 2 691
  8. Renault – 2 058
  9. Haval – 2 002
  10. Kia – 1 833

Die topverkoper-voertuie in Maart:

  1. Toyota Hilux (3 920)
  2. Isuzu D-Max (2 289)
  3. Ford Ranger (2 247)
  4. VW Polo Vivo (2 016)
  5. Toyota Corolla Cross (1 839)
  6. Toyota HiAce (1 600)
  7. Toyota Fortuner (1 409)
  8. Nissan NP200 (1 404)
  9. Toyota Starlet (1 276)
  10. Suzuki Swift (1 248).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.