Nuwe of gebruikte motor? Hier is raad

Suid-Afrikaners koop graag tweedehandse motors. Daar is egter ʼn paar dinge om te oorweeg wanneer jy op ʼn voertuig besluit.

Ek is al so 20 jaar in die motorbedryf. My opinie het al telkemaal verander oor wat die beste voertuig is. Nog meer oor of ʼn mens nuut of tweedehands moet koop. Ek sal hier probeer verduidelik wat my mening is en hoekom.

My raad is dat indien jy ʼn voertuig klaar betaal, mooi oppas en vir jare ry, die beste voertuig wat jy kan bekostig splinternuut te koop. Jy kry dan die voordeel van die hele waarborg en diensplan, jy kan jou kleur en jou opsies kies, en is grootliks beskerm teen waardevermindering.

Indien jy jou motor gereeld inruil vir ʼn ander een, moet ʼn mens baie meer versigtig wees. Indien jy ʼn luukse voertuig soos ʼn BMW, Mercedes-Benz, Audi, Volvo en dies meer koop – gaan die waardevermindering jou moontlik byt. Indien jy sonder ʼn deposito koop gaan jy vir baie jare met daai voertuig getroud wees. Hier is voertuie soos bakkies baie sterker en beskerm dit jou teen ʼn groot verlies as jy oor drie jaar wil inruil.

Mense vra my gereeld – in plaas van R180 000 vir ʼn piepklein buksie, wat van ʼn lekker tien jaar oue Land Rover Discovery? My antwoord is altyd dat indien jy ʼn R100 000 in die bank het, wat jy bereid is om eendag net só op instandhouding of herstelwerk te spandeer, koop enige kar. Indien skielike onverwagte uitgawes jou begroting kan verwoes en in die knyp laat – koop altyd die nuwe kar wat onder waarborg is, want dan is dit die handelaar se probleem, nie joune nie. ʼn Mens betaal dan moontlik maandeliks bietjie meer, maar op die duur is dit die veiliger opsie.

Sê ek dan dat alle tweedehandse voertuie jou uiteindelik duur te staan gaan kom? Beslis nie, nee. Tot en met drie jaar oud is ʼn voertuig voorwaar nog “nuut”. Indien jy dit dan by ʼn goeie, betroubare handelaar koop is jy nog veilig. Op vyf jaar begin alle voertuie een of ander instandhoudings benodig. Bande, skokbrekers, groot dienste, vloeistowwe en dies meer. Dit is duur – ongeag jou gekose handelsmerk. Wat gewoonlik gebeur met die persoon wat die kar teen ʼn lae prys gekoop het, is dat hy nie die instandhouding kan bekostig nie, dan verval die voertuig baie vinnig in ʼn baie slegte toestand.

Ek is onlangs deur Motus Select genader om een van hul een jaar oue “tweedehandse” voertuie te toets. ʼn Nissan Micra Active 1.2 Visia het opgedaag… en ek moet bieg, dit het soos enige splinternuwe B-segment luikrug gevoel wat gereeld by die kantoor opdaag… met een groot voordeel, ʼn R30 000-besparing.

Verder het die Nissan Micra 21 000 km op die klok gehad. Die tjorrie voel nog lekker nuut en word gedek deur wat oorbly van die ses jaar/ 150 000 km-waarborg en die drie jaar/ 90 000 km-diensplan. Die voordeel daarvan om só ʼn voertuig by ʼn groot handelaar soos Motus te koop is heel eenvoudig. Motus besit vier handelsmerke in Suid-Afrika, naamlik Kia, Hyundai, Renault en Mitsubishi – sowel as talle gebruikte handelaars wat onder die Select-banier val. Dit beteken jy, die eindverbruiker, het iemand om na terug te gaan indien daar in ʼn latere stadium probleme is.

My opsomming is dus – indien jy by ʼn betroubare handelaarsnetwerk ʼn tweedehandse voertuig koop wat in ʼn goeie toestand is en ʼn waarborg en diensplan kry wat oorbly, dink ek nie jy het ʼn probleem nie. Ek sal wel waarsku – as jy nie ʼn nuwer voertuig kan bekostig nie, kan jy waarskynlik ook nie bekostig om ʼn stokou voertuig te onderhou nie.

Kyk hier na Motus se honderde gebruikte voertuie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

VaalDonkie ·

Oukei, maar kyk hier:

ek het vyf jaar gelede ‘n tweedehandse 2007 Subaru Forester XT vir R110,000 gekoop. Ek het verder by MFS ‘n “extended warranty” gekoop vir sowat R9000. So die totale bedrag was R119,000. Op daardie stadium was die kar seker so 9 jaar oud en daar was een duur probleem wat die MFS waarbord voor betaal het. Dit het seker so R18,000 gekos om reg te maak.Maar selfs as ek dit uit my eie sak sou moes betaal, sou die totale kost nogsteeds onder R150,000 wees.

Dit vir ‘n motor wat tot vandag, 14 jaar later, soos ‘n splinternuwe ding ry en nog geen tekens gee van ouderdom nie. Wat kan mens deesdae vir R150 000 of selfs R200 000 koop? Nie ‘n kar wat 15 jaar en meer gaan hou nie.

Annamarie ·

Sommige verkoopsmanne is baie oneerlik, as dit by tweedehandse voertuie kom. Ek vertrou hulle nie, sorry!!! Motor was in n ongeluk, afgeskryf ens ens.
Toe word n kode 3 skielik n goeie tweedehandse voertuig????

marisa ·

En net so kan jy nie alle kliente vertrou nie want hulle weerhou inligting!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.