Porsche brei sy Taycan-reeks uit

(Foto: Verskaf)

Ons het in 2020 die toekoms van Porsche in die vorm van sy verstommende Taycan beleef. Daar was aanvanklik drie modelle beskikbaar, die 4S, Turbo en Turbo S. Porsche gaan nou die reeks uitbrei met die toevoeging van ʼn agterwielaangedrewe intreemodel.

Daar is twee batterye in dié model beskikbaar. Die gewone battery bied tot 300 kW en die hoëverrigtingbattery tot 350 kW. Die enkeldekbattery bied 79.2 kWh, en die dubbeldek-hoëverrigtingbattery 93.4 kWh. Die reikafstand van dié batterye is 431 of 484 km onderskeidelik.

Die nuwe intree-Taycan haal 100 km/h in ʼn ewe blitsige 5.4 sekondes en sal op die meeste 230 km/h kan haal. In Europa, waar die infrastruktuur dit toelaat, kan die Taycan teen 225 kW op die standaardbattery en 270 kW op die hoëverrigtingbattery laai. ʼn Mens kan in ideale omstandighede die battery in 22.5 minute vanaf 5% tot 80% vol laai.

Die nuwe Taycan is nou by Porsche Centre Suid-Afrika teen R2 227 000 beskikbaar.

Die reeks lyk só:

Porsche Taycan300 kW/345 Nm308–431 kmR2 227 000
Porsche Taycan 4S420 kW/650 Nm365–436 kmR2 636 000
Porsche Taycan Turbo500 kW/850 Nm370–497 kmR3 476 000
Porsche Taycan Turbo S560 kW/1 050 Nm340–473 kmR4 077 000

Die reeks word gedek deur Porsche se 2 jaar/onbeperkte km-waarborg en 3 jaar/100 000 km- omvattende instandhoudingsplan. Diensintervalle is elke 2 jaar/30 000 km. Reikafstande is op die nuwe WLTP-protokol gegrond.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.