Ry nou verder as ooit – sonder petrol!

Die Jaguar I-PACE. Foto: Verskaf

Baie lande is al heelwat verder gevorder in die elektriese-motor-revolusie as Suid-Afrika. Ons gebruik gedurig die verskoning van reikafstande, dat die afstande wat ons in Suid-Afrika moet ry net te groot is. Nie meer nie.

Ek hou regtig baie van elektriese voertuie. Maroela Media het voorheen oor die Nissan Leaf en die BMW i3 berig, en ek is mal oor albei, maar meer oor die tegnologie en wat dit kan bied. Jaguar gaan vroeg volgende jaar die mark op sy kop draai met die bekendstelling van die allernuutste Jaguar I-PACE.

Die Jaguar I-PACE. Foto: Verskaf

Hoekom? Die I-PACE het ʼn asemrowende reikafstand van 470 km. Jaguar is besig om ʼn reusenetwerk hoëkapsiteitlaaiers op strategiese plekke in stede en op die N1, N2 en N3 snelweë te installeer. Dit gaan beteken dat ʼn mens reise see toe sal kan onderneem van Gauteng … in ʼn elektriese voertuig.

Die I-PACE het van Jaguar Centurion vertrek met ʼn vol battery. In Harrismith aangekom is dit daar op die nuwe 60 kW hoëkapsiteitlaaier herlaai. ʼn Paar ure later was die I-PACE in Durban teen ʼn fraksie van die koste van gewone brandstof. Jaguar het ook nie allerhande truuks getrek om die afstand te kon aflê nie, en die spoedgrens is ten alle tye gehandhaaf.

Kyk ʼn kort video:

Ek kan nie wag om my hande op die Jaguar I-PACE te kry nie. Die I-PACE het ʼn asemrowende 298 kW en sal van 0 – 100 km/h draf in ʼn indrukwekkende 4,8 sekondes. Dit gepaard met die 470 km reikafstand maak dit ʼn voertuig waarna ons regtig baie uitsien in 2019.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Carlien

Ai, hoe gaan ons gewone mense op gewone salarisse hierdie karre bekostig?? Gaan julle dit ook moontlik maak met kleiner goedkoper modelle?

Johan

Wat was die koste om te herlaai in Harrismith en hoe lank het dit geneem om te herlaai voordat die reis kon voortgaan?

marco polo

Julle is seker nie ernstig nie? Elektriese motors in SA, waar elektrisiteitsvoorsiening afhanklik is van daardie onbevoegde, korrupte nes met die naam Escom?

Arak

Ek hoor van die elektriese karre, maar my vraag is, wat is die energiedigtheid van die batterye. Vir diesel is dit iets soos 48MJ/kg, en na my wete is die beste battery maar 0.9MJ/kg. So, selfs as jy aanneem dat ‘n diesel motor net 30% effektief is, sit jy steeds met 15MJ/kg. Dus het diesel eenvoudig 15x meer energie as die battery. Ja, jy kan meer battery insit, want die binnebrand enjin,tenk en ratkas is uit so die kar is ligter, maar ook net tot op ‘n punt. Ook ‘n vraag wat niemand behoorlik beantwoord nie is, wat is die… Lees meer »

Chris Ws

Daar word niks gepraat van wat die prys vir die Jaguar is nie.Dit sal die hele storie laat sink!Dis die probleem met enige elektriese motor – die prys sit hom bokant die vuurmaakplek van die’ motoriste wat besparingsbewus is.Die’ wat ‘n elektriese motor kan bekostig is niks gepla oor hoe brandstof pryse nie want hulle het genoeg geld.Die prys van ‘n elektriese motor is eenvoudig te hoog vir “gewone” mens en net rykes gaan daarby baat.