Verseker jou gemoedsrus op die langpad

Feestyd is alweer om die draai. Uiteindelik lê daar ʼn blaaskans voor; ʼn geleentheid om vir ʼn paar weke te kan ontspan en tyd saam met familie en vriende te spandeer.

Vir baie beteken dit dat dit tyd is om die eindbestemmings vir die vakansie te bespreek en voertuie te begin voorberei vir die lang en swaargelaaide reis af see toe, of na aangrensende lande. Dit beteken natuurlik dat jou voertuig in die beste toestand moet wees, veral jou bande.

ʼn Mens besef nie altyd dat jou voertuig se vier bande ʼn totale kontakoppervlakte het nie, wat dieselfde is as twee velle A4-papier langs mekaar – partykeer selfs nog minder as dit. Daarom is dit noodsaaklik om seker te maak dat jou voertuig se bande altyd in ʼn goeie toestand is.

By Tyremart kan jy met gemoedsrus en vertroue jou voertuig in ons ervare en bekwame hande los. Daar is nege Tyremart-winkels in Pretoria en Centurion waarvan jy kan kies, een so goed soos die ander. Elkeen van ons takke is toegerus met net die beste tegnologie en toerusting soos Hunter-wielsporingmasjiene met die nuutste spesifikasies van alle voertuigfabrikate, ʼn Hunter Road Force-balanseringsmasjien wat die vermoë het om te simuleer hoe jou voertuig se bande op die pad reageer, en dan die wiele daarvolgens te balanseer. Elke winkel het ook allooiwiel-herstelgeriewe wat toelaat dat jou voertuig se gebuigde of beskadigde allooiwiele deur opgeleide tegnici reggemaak kan word terwyl jy sit en wag. Jy is meer as welkom om net die stikstof in jou bande op te vul indien alles reeds op jou motor gereed is. Kom gerus binne, kry ʼn smaakvolle koffie, en jy kan sommer gou weer in die pad val.

Tyremart vorm deel van die Autowiel-groep in Pretoria wat reeds sedert 1969 bestaan. Ons het tans net oor die 400 personeellede wat slaggereed is om jou by te staan. Vir die laaste 54 jaar vorm ons groep deel van die gemeenskap en ons glo, van Pretoria vir Pretoria.

Al hierdie beleggings in die beste toerusting op die mark is om toe te laat dat jy as kliënt die beste en gerieflikste diens moontlik kan ervaar. Ons personeel is ingestel op beginsels soos eerlikheid, lojaliteit en spanwerk. Al hierdie beginsels vorm die fondasie van ʼn eindkonsep of geloof waarin ons as ʼn groep glo: wees beter (be better).

Ons groep se missiestelling is om aanhoudend verbetering in waarde vir ons kliënte te bied en hulle lewenslange lojaliteit te verdien.

Veilig ry.

Klik hier om die webwerf te besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.