Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus – van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en nuttige wenke.
Hierdie week is dit weer motorsportaksie met die derde rondte van die GR Cup by die Aldo Scribante-renbaan. Wiele2Wiele gaan ry ook met Opel se Mokka en gesels oor Avontuur Afrika se oorkruis SNV (sportnutsvoertuie)-avontuur.