ʼn Terugkeer na volhoubare binneversiering

(Foto verskaf)

Soos alles weer na “normaal” terugkeer, so kan ons ook die lekker dinge in die lewe weer begin geniet, soos om kuns en mooi goed weer te kan begin waardeer en deel.

Styl is ʼn uitdrukking van wie en wat jy is, met ander woorde jóú leefstyl. Jou ruimtes weerspieël wie jy is.

Met die groot ontploffing van onvolhoubare “vinnige mode” (fast fashion)-stukke het dit ook makliker geword om teen enige prys ʼn mooi prentjie bymekaar te sit vir jou huis wat net ʼn kort rukkie sal “hou” voor nuwe items weer aangeskaf moet word. Goedkoop onvolhoubare items word alles ingevoer, en dekor word nie meer van geslag na geslag oorgedra nie. Ons moet meer volhoubaar dink en items gebruik wat verander kan word of op verskillende plekke in die huis gebruik kan word.

As gevolg van die laaste twee jaar se onsekerheid en verlange na vriende en familie het daar ʼn hunkering na verbondenheid ontstaan. Nie net ʼn verbintenis aan ons medemense nie, maar ook in die kos wat ons eet, die geld wat ons spandeer, jou gesondheid. Al die verandering het een kern-eienskap gemeen en dit is om meer om te gee en meer volhoubaar te verbruik.

Die neiging is om kwaliteit te koop en daar is ʼn groter etiese invloed van wáár mens produkte koop en wát mens koop. Daar moenie net ʼn “vinnige mode”-stuk gekoop word wat ná ʼn paar jaar weggegooi word nie. Ons keer terug na ʼn stadige meer outentieke leefstyl. Om meer gefokus en bewus te wees van hoe ons leef, spandeer en herwin.

Koop plaaslik en volhoubaar!

(Foto verskaf)

Het jy al gehoor van die gonswoord “flawesome”? Dit verwys na “awesome met ʼn flaw”!  Lighouse-meubels se natuurlike grein, kwaste en “seerplekke” word in die ontwerp behou. Die meubels is baie natuurlik en skep ʼn warm huislike “farmhouse-sjiek”-gevoel.

Lighouse vervaardig meubels en maak gebruik van onder andere herwinde hout, natuurlike waterbasiskleursel en waterbasisvernis.

Besoek lighouse.co.za vir die mooiste meubels en kontak [email protected] of 071 431 6342 vir meer inligting.

Modeneigings verander gereeld, maar soms kom daar een wat kom om te bly! Ek glo die mode om eerder te spaar vir volhoubare en kwaliteit produkte, is hier om te bly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.